Geologiese park onder die soeklig

’n Lank uitstaande droom
'n Gebrek aan wetgewing en 'n wyer begrip van geologiese parke, vertraag Namibië se planne.
Augetto Graig
Parlementslede betrokke by die staande komitee oor natuurlike hulpbronne het vandeesweek Namibië se droom om ’n geologiese park met Wêrelderfenis-status te vestig, onder die soeklig geplaas. Namibië is ’n skatkis van geologiese erfenis wat kenners meen beter bewaar en meer volhoubaar gebruik moet word.

Namibië poog al sedert 2004 om ’n Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco) erkende geopark te vestig.

Dr. Gabi Schneider, voorsitter van Namibië se geopark-taakmag en ’n lid van Unesco se geopark-raad, het Woensdag inligting oor dié inisiatief met parlementslede en belanghebbers gedeel gedurende die ministerie van myne en energie se reeks konsultasies wat vandag by Droombos buite Windhoek tot ’n einde loop.

’n Unesco erkende park vir die beskerming en volhoubare gebruik van die land se geologiese erfenis, kan talle voordele inhou, volgens Schneider. Sy noem werksgeleenthede, toerismebeleggings en die aanloklikheid van navorsing en kennisuitbreiding as van die voordele.

Unesco erken reeds geoparke in Tanzanië en Marokko, wat ’n geopark in Namibië die derde op die vasteland sou maak. Die park word vir die Erongo- en Kunenestreek beoog; vanaf Swakopmund in die suide, tot naby Sesfontein in die noorde, insluitend die Versteende woud naby Khorixas, die Spitzkoppe-omgewing tot by Omaruru, met die Brandberg ongeveer in die middel. Bekende rotsformasies soos die Orrelpype en die Verbrande berg val binne dié gebied.

Schneider sê die voorgestelde naam van die park is die Gondwana Geopark, omdat die rotse in die omgewing die hele verhaal van die oervasteland se formasie en ondergang vertel.

Dié droom word egter in die wiele gery aangesien die nodige wetgewing steeds nie bekragtig is nie

Voorstanders van ’n geopark wag reeds 20 jaar vir die bekragtiging van die wetsontwerp op wild en beskermde gebiede, wat onder afdeling 20 en 21 die vestiging van die park moontlik sou maak.

Schneider sê Unesco se vereistes het ook baie strenger geraak, met 101 vereistes wat tans aan voldoen moet word.

Dié wêreldliggaam oorweeg ook net parke wat reeds twee jaar in werking is, voeg sy by.

Verder is die naam Gondwana nou met ’n bestaande onderneming gekoppel, wat die gebruik daarvan betwis.

Die voorsitter van die staande komitee, mnr. Tjekero Tweya, het die voordele benadruk wat plaaslike gemeenskappe uit die geopark sou trek.

Volgens hom moet die kwessie voorkeur geniet. Hy doen ’n beroep op die ministerie van myne en energie om in samewerking met die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme die wetgewing te bekragtig.

Hy sê: “Die ministeries praat nie met mekaar om dinge tot voordeel van die volk te doen nie. So ontneem hulle Namibiërs van die voordele van hul natuurlike hulpbronne.”

Tweya het met ander komiteelede saamgestem dat inwoners van die betrokke gebied genader, ingelig en vir voorstelle van ’n gepaste naam vir die geopark gevra moet word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.89/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 929.76/OZ DOWN -0.0069 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.89/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 929.76/OZ DOWN -0.0069