Gemengde reaksie oor Duin 7 se ingangsfooie

Ellanie Smit
Ellanie Smit – Mense het in die sosiale media gal gebraak oor die hoë ingangstariewe wat vanaf 1 Desember en op die vooraand van die feesseisoen geld vir besoekers aan een van die gewildste toerisme-aantreklikhede aan die kus, Duin 7.

Die meerderheid was dit eens dat dié stap toerisme in die gebied gaan vernietig. Ander was meer simpatiek en het die besluit ondersteun, omdat vandalisme en rommelstrooiery ’n reuseprobleem in die land is en Namibiërs nie infrastruktuur beskerm en onderhou nie.

Nog inwoners was nie heeltemal oortuig dat die nuwe infrastruktuur by Duin 7 in stand gehou gaan word nie, selfs met ingangsfooie wat hiervoor bestem is.

Die implementering van die parkfooie volg ná die opgradering van infrastruktuur by dié gewilde toeriste-aantreklikheid.

Volgens die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, word die ministerie finansieel ondersteun deur die Wildleweprodukte Trustfonds, met die bestaande toiletgeriewe wat opgeknap en nuwes wat gebou word.

Die braaigeriewe word ook opgeknap, terwyl vyf nuwe braaigeriewe opgerig word. Die opgraderingswerk sluit ook ’n kabelheining vir die ontspanningsarea, ’n toegangshek, sowel as ’n ontvangskantoor in.

“Duin 7 is ’n gewilde toerisme-aantreklikheid vir beide plaaslike en buitelandse besoekers. Die bestuur van die ontspanningsarea was vir die miniserie moeilik weens veral vandalisme en rommelstrooi,” sê Muyunda.

Volgens hom het die toiletgeriewe en ander infrastruktuur by die ontspanningsarea so onder vandale deurgeloop, dat dit tans nie gebruik kan word nie en beduidende bedrae kos om te herstel.

“Die opgradering van die geriewe en die infrastruktuur sal die ministerie in staat stel om ingangstariewe by Duin 7 te implementeer soos goedgekeur en in die Staatskoerant in 2021 gepubliseer. Die tariewe geld vanaf 1 Desember.”

Muyunda sê die goedgekeurde ingangstariewe het ’n omvattende konsultasieproses ondergaan.

Volgens hom sal die beoogde tariewe help om te verseker dat die standaarde van die gewilde ontspanningsarea by Duin 7 onderhou word en besoekers se ervaring ’n hupstoot sal gee. Op die lang termyn gaan die ministerie die ontspanningsarea as ’n toerisme-konsessie aanbied in oorleg met die toerisme-ontwikkelingsplan vir die Dorob Nasionale Park.

“Deur middel van die konsessie gaan nog toerismeprodukte en -dienste ontwikkel word om nie net aanvaarbare standaarde van die gebied te verseker nie, maar ook om besoekers se ervaring van die gebied op te hef.”

Dié konsessie sal eersdaags in die media geadverteer word.

“Ons doen ’n beroep op besoekers aan die gebied om hul samewerking aan die ministerie te gee om te verseker dat die nuwe geriewe onderhou en nie gevandaliseer word nie. Die ministerie is besig om voortgeset en voortdurend programme en aktiwiteite te implementeer wat verseker ons voer ons mandaat uit.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%