Geen permanente eienaarskap van roetes
Kan in naam van ‘gelyke geleenthede’ oopgestel word
Toeroperateurs en inwoners van Swakopmund het gewaarsku dat die hersiene konsepbeleid die 'sluise vir korrupsie oopmaak'.
Gevestigde toeroperateurs het ontdek dat roetes en besighede wat hulle oor dekades opgebou het – voordat die Dorob Nasionale Park geproklameer is – skielik vir openbare tender geadverteer is.
Dit ten spyte daarvan dat die operateurs wettige permitte en lisensies in plek het.
Tydens ’n openbare vergadering in Swakopmund oor Namibië se hersiene konsessiebeleid, is dit ook duidelik gemaak dat langtermyn-operateurs nie permanente eienaarskap van roetes binne ’n nasionale park kan eis nie.
Tydens die “vurige” vergadering het Mukono Kamwi van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme gesê die staat kan dié roetes vir nuwe bieërs oopmaak in openbare belang en in die naam van “gelyke geleenthede”.
“Dit is ’n nasionale bate. Dit is nie daar vir een persoon om vir 30, 40 of 50 jaar of langer geld uit te maak nie,” het hy gesê.
Volgens Kamwi sal konsessies nie outomaties ander uitsluit nie en dat die roetes oop bly vir almal tensy dit uitdruklik beperk word.
’n Verteenwoordiger van die Swakopmund Inwonersvereniging het op sy beurt gesê die kusdorp se toerisme-sukses is oor dekades opgebou deur operateurs wat nou verplaas kan word.
“Ons as ’n dorp kan nie hierdie besigheid verloor nie,” het hy gemaan.
Toeroperateurs en inwoners het gewaarsku dat die hersiene konsepbeleid die “sluise vir korrupsie oopmaak”, terwyl die ministerie van versluierde agendas en swak kommunikasie beskuldig is.
Volgens die beswaardes dui die konsepbeleid ook op die afdwinging van ’n beleid wat groepe wat polities verbind is, help om toegangsregte tot die Dorob Nasionale Park, Duin 7 en Sandwich Harbour te verseker.
Fabiola Katamila van die omgewingsministerie, het gesê die vergadering het slegs ten doel om kommentaar oor die konsepbeleid in te samel.
Katamila wat die beheerbeampte van die konsessie-eenheid is, het verduidelik die 2007-beleid word tans hersien en dat die nuwe konsepbeleid steeds “’n werksdokument” is.
“Onder die huidige stelsel is meer as 60 konsessies tot op hede toegestaan en die hersiening was bedoel om die beleid in lyn te bring met nuwer wette en definisies,” het sy gesê.
Baie van die deelnemers aan die vergadering het dit van die begin af duidelik gemaak dat hulle geen vertroue in die proses het nie.
“Net die oorweging van hierdie hele konsessiekwessie maak die deur vir massiewe korrupsie oop,” het een operateur gesê.
“Die beleid moet bepaal dat alle konsessies vir die publiek toeganklik is. Ons moenie dieselfde pad stap as met Fishrot nie, waar niemand weet wie watter kwota of konsessie kry nie,” het ’n visserybeampte gewaarsku.
OPERATEURS
Nog ’n kwessie wat herhaaldelik geopper is, was die manier waarop die konsepbeleid konsessies aangebied het as ’n manier om voorheen benadeelde Namibiërs te bemagtig.
Verskeie operateurs het kommer uitgespreek dat hierdie bewoording gebruik kan word om die hertoewysing van langdurige roetes en besighede onder die dekmantel van bemagtiging te regverdig, ongeag of dit werklik benadeelde gemeenskappe sou bevoordeel.
Hulle het gewaarsku dat die benadering soortgelyk is aan die visbedryf waar die konsep van bemagtiging gebruik is om nepotisme en binnehandel te verberg.
Ander het weer gewaarsku dat die beleid die risiko loop om bemagtiging in ’n politieke instrument te omskep, wat gebruik kan word om individue met die nodige politieke bande te bevoordeel, ten koste van wettige operateurs en begunstigdes op voetsoolvlak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie