Filmster kuier by N/a'an ku sê

Francoise Steynberg

Die internasionaal bekroonde akteur Hakeem Kae-Kazim, bekend vir sy rolle in Hotel Rwanda en Black Sails, het onlangs flambojante filmstelle vir die natuurskoon van Namibië verruil tydens ’n besoek aan N/a'an ku sê Lodge. Marlice van Vuuren, medestigter van die N/a'an ku sê-stigting en TV-ster van Groen Namibië, was sy gasvrou, maar volgens haar het die Nigeriese akteur se ervaring veel verder as ’n net wildbesigtigingsrit gestrek – van ’n onvergeetlike ervaring met jagluiperds en bobbejane. “Maar nog belangriker, hy het die storie agter dit alles beleef. Deur die werk van die stigting het hy die noodsaaklike verband tussen natuurbewaring, gemeenskapsopheffing en wildbeskerming ervaar, insluitend ’n nader blik op die stigting se honde-eenheid vir teenstropery,” het sy gesê. Foto’s Facebook/ N/a'an ku sê Foundation

Kommentaar

Republikein 2026-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer