Dr. Laurie Marker by IUCN vereer
Dr. Laurie Marker van die Cheetah Conservation Fund (CCF) buite Otjiwarongo is tydens die kongres van die Wêreldbewaringsorganisasie (IUCN) met die Kaliforniese Orde van die Kondor-toekenning vir haar lewenslange bydrae vir die bewaring van jagluiperds vereer. "Ons help om jagluiperds vry en in die natuur te laat leef," het sy by die kongres in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), gesê. Namibië spog met die meeste vrylopende jagluiperds in die wêreld, maar staar uitdagings soos mens-dier-konflik en onwettige wildhandel, veral by die horing van Afrika, in die gesig. Jagluiperds word toenemend uit Somalië na lande soos die VAE gesmokkel waar hulle as troeteldiere aangehou word. Foto Facebook/Laurie Marker


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie