Demoina-bossie is gevaarlik
Verspreiding vinnig, verwoestend
Die indringerplant hou ernstige bedreigings in vir landbou, menslike gesondheid en biodiversiteit in.
Die demoina-bossie (Parthenium hysterophorus) is gevaarlik en een van die mees aggressiewe en vernietigende indringerplante wat tans oor dele van Afrika versprei.
Oorspronklik afkomstig van die Amerikas, lyk hierdie madeliefie-agtige plant dalk onskadelik, maar dit hou ernstige bedreigings in vir landbou, menslike gesondheid, biodiversiteit en openbare infrastruktuur. Dit staan ook bekend as Congress Grass of Santa Maria.
Die teenwoordigheid van die demoina-bossie is onlangs in Windhoek aangemeld. Hoewel dit nog relatief nuut is in Namibië, wys ervaring uit ander lande dat die verspreiding daarvan vinnig en verwoestend kan wees. Dit val versteurde grond aan – insluitend paaie, weiding, lande en waterlope – en versprei maklik deur wind, water, diere, voertuie, skoene en klere.
Elke plant kan tot 25 000 sade produseer en die sade kan meer as 50 jaar in die grond oorleef. Vroeë opsporing en uitwissing is dus absoluut noodsaaklik.
Die teenwoordigheid van die demoina-bossie in Namibië is ’n ernstige bron van kommer vir boere en grondgebruikers. Die plant onderdruk die groei van ander plante deur allopatie, wat beteken dat dit chemikalieë vrystel wat ontkieming en groei van omliggende plante belemmer. Dit floreer in afgetakelde grond en oorbeweide gebiede – ’n algemene realiteit in droogtegevoelige landbougebiede.
BESMET VLEIS, MELK
Vir veeboere hou dit spesifieke gevare in: Diere wat die demoina-bossie vreet, produseer melk en vleis wat besmet is en nie geskik is vir verkoop of verbruik nie.
Boonop is die demoina-bossie gevaarlik vir menslike gesondheid. Dit kan veluitslag, asemhalingsprobleme en allergiese asma veroorsaak. Voortgesette blootstelling – veral onder plaaswerkers of mense wat naby besmette gebiede woon – kan lei tot chroniese gesondheidsprobleme. Die plant bedreig ook biodiversiteit deur inheemse plante uit te druk, natuurlike weiding vir wild te verminder, en bewaringsterreine en wildreservate binne te dring. Dit kan bestaande probleme soos bosindringing, veldbrande en gronderosie vererger.
Daar is ook openbare gesondheidsimplikasies. Onlangse navorsing toon dat die demoina-bossie moontlik die oorlewing van muskiete bevorder, wat die risiko vir die verspreiding van malaria in besmette gebiede verhoog. Die impak van hierdie indringerplant is wydverspreid en raak die armste en kwesbaarste gemeenskappe die ergste – dié wie se bestaan afhanklik is van gesonde grond en vee.
Die bossie kan geïdentifiseer word aan sy liggroen, diep gelobde en harige blare, en klein wit blommetjies wat in trosse aan die punte van die stingels voorkom. Dit groei tipies tussen 1,5 en 2 meter hoog en is meestal sigbaar tussen September en Mei. Wat dit veral gevaarlik maak, is dat blootstelling aan die plant, selfs deur deeltjies in die lug, die vel en asemhaling kan irriteer.
VERBRAND BLOMKOPPE, SAAD
Om die verspreiding van die demoina-bossie te keer, is onmiddellike optrede nodig. Die belangrikste stap is om plante te verwyder voordat hulle blom of saad vorm. Alle blomkoppe en saadmateriaal moet verbrand word – moenie dit as kompos gebruik of in die natuur weggooi nie.
Boere en grondgebruikers word aangemoedig om hul eiendom gereeld te monitor, veral rondom krale, padreserwes en plekke waar diere saamtrek. Toerusting, voertuie, skoene en werktuie moet deeglik skoongemaak word ná werk in besmette gebiede.
Intussen is goeie veldbestuur noodsaaklik om die verspreiding van die indringerplant te beperk. Dit sluit in die voorkoming van oorbeweiding, die handhawing van ’n gesonde grondbedekking en die beperking van grondversteuring. Elke plant wat nou saad vorm, verhoog die las op toekomstige generasies. Namibië het steeds ’n kans om die demoina-bossie betyds te stuit – maar slegs as ons nou optree.
Langtermynoplossings sluit die gebruik van biologiese beheer in, soos natuurlike vyande van die plant (waaronder insekte) wat suksesvol in ander lande gebruik word. Hierdie beheermaatreëls is egter nog nie wyd beskikbaar in Namibië nie. Voorkoming bly dus die doeltreffendste strategie.
Enige vermoedens van besmetting of waarnemings moet gerapporteer word aan [email protected]. Meer inligting is beskikbaar by www.cactusclean-up.com. - Namibië Landbou-unie

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie