Byna 50 renosters in halfjaar gestroop
Altesaam 47 renosters is al vanjaar in Namibië gestroop waarvan 32 karkasse in die Etosha Nasionale Park gevind is.
Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, Romeo Muyunda, is 33 swartrenosters en 14 witrenosters gestroop.
“Uit die 47 renosters wat tot dusver vanjaar gestroop is, is benewens die 32 in Etosha, agt swartrenosters op plase onder die renosterbewaringsprojek gestroop, ses renosters op private plase en een in die Kunenestreek,” het Muyunda gister gesê.
Minder as ’n maand gelede op 13 Mei, het die ministerie se amptelike stropingsyfer op 38 renosters gestaan.
Muyunda het bevestig dat een olifant in die Kavango-Oosstreek gestroop is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie