Bewaringsgebiede weier Jan Kunene toegang

Hy het nie die nodige permitte of toestemming nie
Hy is per voet 'n gevaar vir homself en die plaaslike bevolking
Hoofredaksie
Jan Kunene (Behr), wat op sosiale media ’n foto van die jongste Ugab-olifant Namtani geplaas en om hulp vir die olifant gevra het, is nou reeds uit nege bewaringsgebiede verban.

Me. Latoya Huses, die waarnemende bestuurder van die Soris Soris bewaringsgebied in die Kunenestreek, sê: “Ons nege bewaringsgebiede het almal saam ingestem dat hy terug ministerie toe moet gaan en die nodige permitte en toestemming moet kry.

“Hy moet ook vanaf EHRA (Elephant Human Relations Aid) toestemming kry en van al die plaaslike owerhede en voorsitters van die bewaringsgebied voordat ons hom sal toelaat om per voet hier rond te loop.

“Tans is hy net besig om die olifante te frustreer. Hy beweeg te naby aan hulle, hy is onverantwoordelik en intussen samel geld vir homself is.”

Namtani, die baba-olifant waaroor ’n storm op sosiale media losgebars het, is deur ’n veearts ondersoek wat bevind het dis nie nodig dat die olifant verdoof moet word nie. Die dier moet net dopgehou word.

Volgens me. Rachel Harris, die besturende direkteur van EHRA, is hulle reeds sedert Mei besig om die jongste Ugab-olifant te monitor.

“Ons span het ons ingelig dat die olifant lyk asof hy mak is. Ons het hom dopgehou en sy toestand het verbeter. Vir ’n paar weke daarna het ons span ons ingelig dat hy swakker as die bietjie ouer kalfie is en meer slaap. Ander kere speel die kalfies saam. Namtani is in April gebore en Fiori in Februarie.”

EHRA het reeds ’n veearts gekontak en dr. Maaike de Schepper van N/a’an ku sê het Donderdag na Namtani gaan kyk.

“Sy het bevind dis nie nodig om hom te verdoof nie. Hy en Fiori het voor die trop geloop en gespeel. Haar aanbeveling is wel dat hy noukeurig dopgehou word. As ons hom nou verdoof, moet ons die ma wegjaag, wat reeds op die beste van tye nie maklik is nie, maar toe die span by die trop Donderdag aangekom het, was die olifante baie op hul senuwees. Hulle het die baba-olifante omsingel en was ongemaklik en ons dink dis omdat die man te naby en te voet by hulle beweeg.”

Kunene het op sosiale media verklaar hy wil toere aanbied waar mense met hom en die olifante in die veld kan gaan stap. Sy beplande staptog van ‘Walking with Elephants’ is aanvanklik so omskryf: “Dis maar net bevestiging gekry dat ’n internasionale filmspan so oor twee maande in Namibia sal arriveer om ’n dokumentêre film te kom vervaardig. Die naam van die dokumentêre film is Jan Kunene...Walking with Elephants.”

Hierdie benadering is later verander na ‘Desert Elephant Wellbeing Awareness’ met die plasing “My doelwit was en is steeds uitsluitlik om foto’s te neem en algemene data in te samel. Dit sal teen die einde van die jaar in ’n boek gepubliseer word.”

Hy het ook foto’s en ’n video geplaas waar hy ’n paar meter vanaf die olifante staan en verfilm word by dieselfde trop wat twee babas insluit.

Harris sê: “Hy verstaan blykbaar nie dat hy die plaaslike gemeenskap in gevaar stel deur so naby die olifante te wees, en boonop te voet nie. Ons kan nie bekostig dat kwaai olifante rondloop tussen mense in huise wat uit klei en stokke gebou is nie.

“Hy maak die olifante kwaad deur te naby aan hulle te kom. Die volgende persoon vir wie die olifant sien, is dalk ’n bokwagter wat geen wegkomkans of voertuig om op te klim het nie. Wat dan? Dan kry die olifant die skuld en sal as probleemdier uitgewys en van kant gemaak word en nie die man wat hulle kwaad gemaak het nie.”

HUL GEDRAG VERANDER

Huses sê hulle kry uit Soris Soris bewaringsgebied se plaaslike gemeenskap klagtes oor die man per voet.

“Hulle kla die olifante is in die laaste weke veel meer aggressief. Dit het ons baie verras, want ons ken ons olifante by die naam. Ons weet wie rig watter skade aan; nou het hul gedrag verander.

“Ek het sy video gaan kyk; hy beweeg te naby aan hulle. Die olifante het twee baie klein kalwers, so hulle is reeds onrustig; nou kom hy tot op ’n paar meter by hulle en dit bring net onnodige stres en frustrasie.

“As hy aangeval word, sal hy seker ook nog geld van die bewaring of die ministerie eis.”

“Hy is besig om ’n gevaarlike situasie te skep. Ons het geen idee wat hy doen of hoekom hy dit doen nie. Geen persoon behoort te voet ’n olifant te benader en só naby te kom nie. Selfs ons doen dit nie eens nie en ons werk al sedert 2003 saam met hulle.”

Saam met Kunene is ’n plaaslike inwoner wat die video gemaak het. Sy beklemtoon die olifante is nie die enigste bedreiging nie, maar ook slange, leeus en luiperde.

“Ons het met die man vergader; hy het geen toestemming van die Soris Soris bewaringsgebied, enige ander bewaringsgebied of die tradisionele owerhede gekry nie. Hy het ook geen navorsingspermit van die ministerie gekry nie. Dit maak hom en wat hy doen heeltemal onwettig.”

“Hy het vir my gesê hy samel fondse vir homself in. Hy het dieselfde al in Kaokoland en Kavango gedoen. Hy het in Etosha grootgeword en daar ook al fondse ingesamel. As die insamelings wat hy doen, is net vir homself.”

Jan Kunene skryf op Facebook: “Om voort te gaan om olifante waar te neem en te monitor, het ek u ondersteuning nodig. As ek nie die trop gevolg het nie, sou ek nie agtergekom het hierdie baba het ’n voetprobleem nie. Die geld wat ek probeer insamel, is ’n klein bedrag wat my vir minstens twee tot drie maande sal onderhou. My teiken is US$800 (R12 000).”

Volgens Huses het Kunene ná hul vergadering ingestem om op te hou en weg te gaan.

“Maar of hy dit sal doen, weet ons nie, want hy kampeer in die wildernis en is dalk iewers in die bos.”

Die ministerie van die omgewing en toerisme het die bewaringsgebied aangeraai om die polisie op Khorixas te kontak om die man uit die gebied te verwyder.

Vrydagnamiddag het Kunene ’n gemeenskapslid gevra om die voorsitter te vra om die Tora bewaringsgebied te kontak sodat hy toestemming kan kry om soontoe toe kan gaan, maar toegang is geweier.

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%