Altyd plek vir nog een
Bewaar en beskerm
Net om dinge van die begin af in perspektief te stel - 3,4 miljoen volgelinge op Facebook, meer as 2 miljoen op Instagram met ‘n spesiale span wat in die buiteland aangestel moes word om sy sosialemediaplatforms aan die gang te hou en te bestuur. Daar was ‘n televisieprogram, vir volgende jaar ‘n almanak en dan kan jy van ‘n beker tot t-hemp bestel met ‘n foto van hom en sy dierlike aanhangsels deel van sy opstaan en gaan slaap. En dan was daar ook die uitnodiging van prinses Charlene van Monaco om te kom skouers skuur en gholf te speel vir liefdadigheid. Nou is daar ook ‘n boek vol staaltjies van die wel en die weë van die plaasseun van Simmenau buite Windhoek. Dit danksy die blik wat hy letterlik van hier tot in Timbaktu deel van sy lewe saam met sy menagerie wat van ‘n bobbejaan tot ‘n meerkat (of drie) insluit.
Teen dié moes jy al lankal geweet het dis Ruben Lambrechts van Ruben Namibië-faam wat saam met sy ousus Cindy die bobbejaan, Kallie die vlakvark en Minki en Jerry die meerkatte pens-en-pootjies binne die harte van letterlik miljoene mense ver buite Namibiese grense, Afrika en die wêreld geklim het.
Ruben Namibië en Cindy - Manewales van Ruben Lambrechts en sy diere deur Pieter van Zyl meng fiksie en feite oor sy kinderlewe en avonture saam met Cindy, vertel Ruben per Whatsapp uit Miami waar hy tans in Amerika op ‘n toer is. In die boek vol kinderstories ontmoet die leser die meerkatte Minki en Jerry, Cindy die bobbejaan, die vlakvarke Betsie en Bennie en vele meer wat nie as troeteldiere aangehou word nie, maar vry is om op die plaas rond te beweeg.
Ruben erken dit is “nogals onwerklik” om te dink sy en sy familie se versorging van wilde diere is genoeg inspirasie vir ‘n boek.
“Ons versorg al so lank wilde diere en gee hulle ‘n tweede kans sonder om te dink dat ons situasie spesiaal genoeg kan wees dat ‘n boek daaroor geskryf word!”
Die Lambrechts’ - sy tweelingbroer Tertius, ma Barista en pa Malan - het nog altyd diere in die huis gehad, vertel Ruben.
“My liefde vir diere kom van my ouers af, daar was altyd ‘n plekkie vir nóg n weesdiertjie in ons huis en harte.”
Hy dink as mens ‘n diereliefhebber is en daar kom ‘n geleentheid oor jou pad om diere in nood te help of om hulle te bewaar en te beskerm, sal ‘n mens dit aangryp, sê Ruben.
“Ek voel gelukkig as ek ‘n verskil kan maak in enige dier se lewe.”
Hy spandeer die grootste deel van sy tyd op die familieplaas Simmenau en dit is hier waar bewaring vir hom begin, sê Ruben. En deur sy sosialemediaplatforms met sy miljoene volgelinge kan hy bewustheid skep en ander instellings met gedeelde bewarings- en bewusmakingsdoelwitte probeer help.
Sy wens vir elke jong leser van Ruben Namibië en Cindy is dat kinders sien hoe ‘n mens vir enige dier kan lief wees en omgee, ook ‘n gevaarlike dier soos ‘n bobbejaan, sê Ruben.
“Bobbejane is nie orals welkom of geliefd nie, maar hulle is tog ‘n baie interessante spesie en so naby aan ‘n mens! Ek dink kinders kan hulself assosieer met Cindy se manewales, ons was maar almal so onhebbellik stout toe ons klein was!”
Ruben sê om van kleinsaf verantwoordelik te voel om na diere om te sien, is n goeie eienskap wat ouers moet probeer ontwikkel by hul kinders.
“Dis ‘n opdrag uit die Bybel. Kinders moet leer dat diere liefde en versorging nodig het, maar dat wilde diere so ver as moontlik in hul natuurlike omgewing en habitat moet leef. Moenie n wilde dier in die stad aanhou nie, hul gaan ongelukkig wees daar. Kinders kan eerder by dierebeskermingsorganisasies help en ondersteun.”
Die mens neem ongelukkig oral in die wereld diere se habitat oor, sê Ruben en as ons nie die wild beskerm en bewaar nie, gaan hul stelselmatig uitsterf.
“Hul toekoms lê in die hande van vandag en môre se kinders.”
Sy hart se punt uit Simmenau se ‘dieretuin’ is sy ousus Cindy saam met wie hy grootgeword het en wat volgende maand 31 jaar oud word.
“Sy is baie lojaal aan haar familie (mens en dier). Sy kon saam TV kyk (voordat sy haar sig verloor het) en sou reageer as die leeu ‘n springbok bekruip. Sy is ook vreeslik tergbaar en as klein seuntjies was haar reaksie vir ons baie lekker!” - [email protected]
Kliek hier: https://q.my.na/IYPN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie