‘n Delikate balans tussen skoonheid en oorlewing
Juwele aan die kus
Terwyl die impak van toerisme kleiner is op die omgewing in vergelyking met mynbou en kommersiële visserye, kan onverantwoordelike gedrag soos rommelstrooi of veldry steeds ernstige skade veroorsaak.
Damian Schreiber – Namibië se ongerepte kuslyn is ’n trekpleister vir toeriste, met toerisme wat jaarliks 14,8% tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) bydra.
Maar die natuurlike skoonheid wat besoekers lok, is onder toenemende druk. Namate Kaapse pelsrobbe toenemend verstrengel in vislyne gevind word, veldry delikate ligeenvelde beskadig en die bedreigde Damara-sterretjie se broeiplekke verdwyn, is dit die moeite werd om te vra: Kan toerisme en natuur saam floreer?
As jy Langstrand al in Desember besoek het, sal jy weet hoe besig Namibië se sentrale kus kan raak. Gesinne stroom na die strand en vierwielaangedrewe voertuie (4x4’s) en -motorfietse waag dit dikwels buite aangewese gebiede. Ten spyte van ’n beskermende draadheining, loop voertuigspore kruis en dwars, veral naby Caution Reef, net suid van Vierkantklip.
Dié gewilde toeriste-aantreklikheid tussen Swakopmund en Walvisbaai is ook een van die belangrikste broeigebiede vir die Damara-sterretjie. Caution Reef het die hoogste digtheid vir dié voëltjies se neste, met studies sedert 1995 wat op sowat 120 pare binne ’n radius van twee vierkante kilometer dui. Met die piek toeristeseisoen wat met die sterretjies se broeitydperk oorvleuel, is die kommer oor die verlies van hul neste selfs groter.
Die strand van 30 kilometer huisves in totaal ongeveer 13 000 sterretjies oor 31 spesies wat toenemend bedreig word.
Die grootste gevaar is die vernietiging van neste en kuikentjies deur 4x4’s. Sedert voertuie op strande in Suid-Afrika verbied is, bring al hoe meer besoekers uit die buurland hul viertrekvoertuie en -motorfietse saam wanneer hul aan die Namibiese kus kom vakansie hou, wat toenemende druk op sensitiewe gebiede plaas. Ontwikkeling speel ook ’n rol.
’n Kolonie van 32 Damara-sterretjies het ná die konstruksie van die Dolfynstrandoord, een van twee projekte vir luukse en vakansiebehuising op die brose strook, verdwyn.
Wat ook tot die gevaar van uitwissing bydra, is die feit dat baie van die beskermende heinings stukkend of onder sand begrawe is, wat maklike toegang tot beskermende gebiede moontlik maak.
Op ’n positiewe noot is nuwe inligtingsborde asook borde wat viertrekvoeruie en -motorfietse verbied, al langs die kus opgerig.
Soortgelyke druk staar ook die Namibwoestyn se unieke ligeenvelde in die gesig, wat uiters sensitief vir besoedeling en skade is. Danksy pogings tot omgewingsbewaring by die nabygeleë ontsoutingsaanleg, is die Wlotzkasbaken-ligeenvelde noord van Swakopmund nou omhein en met opvoedkundige borde gemerk.
Hoewel toerisme toenemende druk op sommige dele van Namibië se kuslyn plaas, vind talle voëlspesies steeds skuiling hier in stiller, beter beskermde gebiede.
Sandvishawe, een van die belangrikste vleilande vir watervoëls in suidelike Afrika, is die tuiste van tot 300 000 voëls in spitsjare. Toegang is beperk tot toere vir 4x4’s of vlugte oor die gebied, wat die versteuring deur die publiek verminder. Soortgelyk huisves die Walvisbaaise vleiland jaarliks tussen 37 000 en 79 000 voëls en bly dit grootliks ongestoord deur die toeriste wat die gebied besoek.
Gewilde toeriste-aantreklikhede soos die robkolonie by Kaapkruis ervaar ook beperkte ontwrigting. Hoewel besoekers wel die robbe van naderby kan waarneem, is dit gewoonlik egter kort besoeke.
Buiten vir die sentrale kus is Namibië se kuslyn relatief ongerep, met net verspreide kamp- en visvangplekke.
Vir talle Namibiërs en besoekers uit Suid-Afrika is strand- en boothengel ’n gewilde vakansietradisie, maar dié tydverdryf het ook sy eie uitdagings vir die omgewing en sy inwoners. Die grootste hiervan is bondels vislyn wat deur vissermanne op die strand gelos word sonder om te besef watter geweldige skade dit kan aanrig.
Vanaf 2021 tot 2025 het Ocean Conservation Namibia 3 326 Kaapse pelsrobbe gered wat in rommel in die see verstrengel was. Vislyne van strandhengelaars was die hoofoorsaak en was verantwoordelik vir 21,6% van die voorvalle, ’n kortkop voor kommersiële vislyne en plastiekverpakking. Meer as 77% van die voorvalle waar see- en strandlewe hierin verstrengel geraak het, het dit ernstige beserings veroorsaak wat tot infeksies of vrektes kan lei.
Hoewel ontspanningsaktiwiteite tot die probleem bydra, word 68% hiervan egter tot breë nywerheidsaktiwiteite beperk, wat die impak van toerisme minder beduidend maak.
Natuurtoerisme in Namibië is meer as net die ervaring, dit is ook ’n kragtige hulpmiddel vir onderrig en bewusmaking. Enigiemand wat al ooit ’n dolfyn of ’n olifant aan ’n kind uitgewys het, weet die vonk wat dit by die jonger generasie kan aansteek.
Vir baie besoekers, veral uit stedelike gebiede in Europa of Amerika, bied Namibië die geleentheid vir naby-ervarings met wilde diere of ongerepte landskappe. Dié spesiale oomblikke laat blywende indrukke en bevorder ’n diep verbintenis met die natuur.
Plaaslike toergidse speel ’n sleutelrol in die deel van kennis oor biodiversiteit en die bedreigings wat ekostelsels in die gesig staar. Hul lewensbestaan is afhanklik van gesonde omgewings, wat as motivering dien om bewaring en volhoubare praktyke te bevorder. Namibië se lae bevolking laat ook wild toe om te floreer, met toerisme wat ’n groot ekonomiese dryfveer is.
Maar, dieselfde natuur en wildlewe wat besoekers van oraloor die wêreld lok, word egter bedreig.
Terwyl die impak van toerisme kleiner is op die omgewing in vergelyking met mynbou en kommersiële visserye, kan onverantwoordelike gedrag soos rommelstrooi of veldry steeds ernstige skade veroorsaak.
Die goeie nuus is dat toerisme dit kan beskerm wat dit ook vier. Toeriste kan help om by die reëls te hou, behoorlik van rommel ontslae te raak en meer oor plaaslike ekostelsels te leer.
Aan regeringskant moet beleidsrigtings afgedwing word en voldoende finansiering verskaf word om Namibië se natuurlike wonders vir die volgende generasies te beskerm en te bewaar.
Bron: www.ocnamibia.org; [email protected]; Facebook: Ocean Conservation Namibia

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie