Zungu stel ander oplossing voor
Zungu stel ander oplossing voor

Zungu stel ander oplossing voor

Volgens die N‡aJaqna-bewaringsgebied se raad sal die vestiging van nege plaaseenhede nie die lewens van die wettige San-inwoners van Tsumkwe-Wes verbeter nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Die voorsitter van die N‡aJaqna-bewaringsgebied by Tsumkwe-­Wes, me. Sarah Zungu, het in 'n onlangse mediaverklaring gesê Namibiese owerhede moet inspeksie van die gebied doen om te ­verseker 'n hoërhofbevel van 2016 word ­eerbiedig, waarvolgens onwettige heinings verwyder moet word.

Sy het gesê die bewaringsgebied sukkel al jare om reaksie van die owerhede op onwettige heinings en hervestiging in die gebied te kry, en moet 'n daadwerklike poging aanwend om alle onwettige heinings tydens so 'n ondersoek te verwyder.

Zungu het vroeër haar beswaar teen die beoogde vestiging van nege ­boerdery-eenhede in die Aasvoëlnes-gebied uitgespreek en sê nou slegs 'n paar mense sal hierby baatvind.

“In plaas daarvan om plase vir enkeles te vestig, is 'n ander opsie en voorkeuroplossing om sonkrag-­waterinfrastruktuur, wat deur skenkers gefinansier is, by plaaslike San-nedersettings te laat installeer.

Tans sukkel hulle om tuin te maak en met vee te boer weens die swak, onvolhoubare waterinfrastruktuur,” het Zungu gesê.

Die vestiging van hierdie plase, van 2 500 hektaar elk, is 'n N$20 miljoen-­projek van die ministerie van grondhervorming vir landboukommersialisering onder sy Program vir Kommunale Grondontwikkeling (PCLD).

Volgens plan sal agt plase nie omhein word nie en vir die eerste vyf jaar uitverhuur word as 'n inkomste vir die San-gemeenskappe wat die eenhede in 'n latere stadium sal oorneem.

Een van die plase sal omhein word en as 'n modelplaas gebruik word. Ander verwante projekte sluit 'n ­gemeenskapstoerismeprojek en 'n gemeenskapstuin in.

Zungu sê dit is 'n fout om te dink hierdie plase sal suksesvol uitverhuur word, en het bygevoeg daar bestaan geen meganismes om te verseker dat huur betaal sal word nie en geen waarborg dat die huurders nóg onwettige heinings sal oprig nie.

“Wie gaan verseker die huurders laat nie hul vee op bewaringsgrond wei wanneer (die gehuurde) plase oorbewei raak nie? Geen van hierdie basiese kwessies is deurdink nie,” het Zungu volgehou.

Die N‡aJaqna-bewaringsraad het gesê die PCLD-projek moet eerder oorweeg om N$10 miljoen te belê in 10 nuwe boorgate in 10 San-nedersettings, dat N$2,6 miljoen liewer op sonkraginfrastruktuur in San-nedersettings bestee word en bystand gegee word om hul eie tuine te maak.

Die raad stel ook voor dat N$6,8 miljoen bestee word aan die volledige ontleding van 'n voorgestelde lewende museum en kampeerterrein.

Daarvolgens was die twee ­bestaande lewende museums nie suksesvol nie, en is die Omatako-kampeerterrein verlate.



KONSULTASIES

Namibia Premier Research Solutions (NPRS), wat deur die grondministerie aangestel is om met die plaaslike San-gemeenskappe, die !Kung- tradisionele owerheid en die N‡aJaqna-bewaringsgebied te konsulteer, het vroeër hul ongeloof oor Zungu se omme­swaai rakende die ­voorgestelde boerdery-eenhede uitgespreek.

NPRS het in 'n verslag gesê Zungu het aanvanklik die vestiging van dié eenhede ondersteun, maar die bewaringsgebied en veral die Regshulpsentrum (LAC), wat regsadvies aan die bewaringsgebied verskaf, laat die proses nou sloer.

Mnr. George Eiseb, NPRS se span­leier, het verlede week gesê die grondministerie het goedkeuring vir die boedery-eenhede gegee, maar gesê die bewaringsgebied sal nóg 'n geleentheid gegee word om hul insette by 'n vergadering op 20 Julie te lewer.

Eiseb het gesê lede van die bewaringsraad het 'n belangrike vergadering op 29 Junie op Grootfontein nie bygewoon nie.

Hy het gesê nóg vergaderings sal gehou word waarop die toelaatbaarheidskriteria vir die boedery-­eenhede bespreek sal word.

“Ons doen 'n beroep op die lede van die bewaringsgebied om die vergaderings by te woon om hul idees te opper; hulle moet aan die proses deelneem. Hulle moet na die beplanningsproses terugkeer,” het Eiseb gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.79 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 369.12/OZ UP +0.56% | Copper US$ 5.01/lb UP +2.81% | Zinc US$ 3 032.80/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 82.97/BBP DOWN -0.0024 | Platinum US$ 1 045.86/OZ UP +0.20% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.79 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 369.12/OZ UP +0.56% | Copper US$ 5.01/lb UP +2.81% | Zinc US$ 3 032.80/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 82.97/BBP DOWN -0.0024 | Platinum US$ 1 045.86/OZ UP +0.20%