Zuma-seun vas oor korrupsie

Oudpres. Jacob Zuma se seun word aangekla weens sy rol in ’n beweerde poging deur die Guptas om Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, met R600 miljoen om te koop.
Abram Mashego - Duduzane Zuma gaan Maandag in die handelshof in Johannesburg verskyn op ’n aanklag van korrupsie.

Oudpres. Jacob Zuma se seun word aangekla weens sy rol in ’n beweerde poging deur die Guptas om Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, met R600 miljoen om te koop.

Jonas beweer Duduzane en die sakeman Fana Hlongwane was teenwoordig toe die Gupta-broer Ajay in Oktober 2015 vir Jonas die omkoopgeld en die pos van minister van finansies aangebied het.

Senior bronne in die Valke het aan City Press gesê Duduzane (34), wat lank ’n sakevennoot van die Guptas was, sal aangekla word ingevolge die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede.

Duduzane was nie veronderstel om alleen verhoor te word nie. Beskuldigde nommer een moes eintlik Ajay Gupta gewees het, het bronne in die Valke gesê. Hy is egter voortvlugtig en bly op die Valke se lys van gesoekte mense.

Duduzane, wat in Dubai woon, het Donderdag in Johannesburg aangekom op dieselfde vlug as sy prokureur, Rudi Krause. Die Valke vermoed Krause was in Dubai om met sy kliënt te konsulteer voor sy verwagte hofverskyning in die landdroshof in Randburg op ’n onverwante klag van strafbare manslag. Volgens City Press se bronne het immigrasie-beamptes die Valke ontbied toe hulle sy paspoort sien. Sy besonderhede was op hul lys van gesoekte mense. Hy is vir ’n kort rukkie op die O.R. Tambo-lughawe aangehou.

Duduzane se inligting is nooit op Interpol se lys van gesoektes geplaas nie omdat die Valke nie wou hê dat hy snuf in die neus moes kry dat hy in Suid-Afrika gesoek word nie, het City Press verneem.

“Beamptes van die Valke is na die lughawe gestuur met ’n afskrif van die lasbrief vir sy inhegtenisneming. Hy wou dadelik vir borgtog aansoek doen sodat hy Saterdag sy broer se begrafnis kon bywoon,” sê ’n ingeligte.

’n Ander bron sê die Valke kon nie ’n aanklaer kry om die borgtogaansoek te hanteer nie omdat niemand van die span wat die ondersoek na staatskaping lei, beskikbaar was nie. “Duduzane is vrygelaat op voorwaarde dat hy in aanraking bly met die vervolgingspan en sy prokureur sodat reëlings vir sy verskyning Maandag getref kan word,” het die bron gesê.

Aanklaers was die naweek druk besig om die klagstaat vir Maandag se verskyning af te handel.

Afgesien van Jonas se beëdigde verklaring waarin hy sê dat hy die omkoopgeld aangebied is, het die Valke glo ook ’n verklaring van Hlongwane. Die vervolgers het ook beeldmateriaal bekom van die Hyatt-hotel in Rosebank, Johannesburg. Dit wys dat Duduzane, Hlongwane en Jonas daar ontmoet het voordat hulle na die Gupta-huis vertrek het. Dít strook met Jonas se verklaring.

Die bron sê die aanklaers gaan nie Duduzane se borgtogaansoek teenstaan nie mits hy sy paspoort inhandig en voldoen aan streng borgtogvoorwaardes.

Jonas het in Desember 2016 in ’n beëdigde verklaring gesê Duduzane en Hlongwane was teenwoordig toe Ajay Gupta vir hom die pos van minister van finansies aangebied het.

Pravin Gordhan was in daardie stadium nog in dié pos.

“Die enigste een wat gepraat het, was Ajay Gupta. Daar is sover ek weet geen verslag van die vergadering nie. Hlongwane en (Duduzane) Zuma het my na die vergadering by die Hyatt genooi en van daar het hulle voorgestel dat ons na ’n stiller plek gaan. Dit was toe die Guptas se woning, hoewel ek dít eers besef het toe ons by die plek aankom,” het Jonas gesê.

Jonas het ook vir Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, gesê hy is die omkoopgeld aangebied om “met (die Guptas) saam te werk”.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het geweier om besonderhede oor die saak bekend te maak. Die Valke sal môre ’n verklaring uitreik, het hy gesê.

Duduzane het in ’n onderhoud met die BBC ontken dat hy enigiets weet van ’n omkoop-aanbod aan Jonas.

“Die Guptas het geen omkoop-aanbod aan mnr. Jonas gemaak nie. Ek het hom ontmoet en ek was teenwoordig en geen só iets het gebeur nie. Dit was nie ’n besoek op sigself nie, dit was ’n vergadering wat ek gereël het om sekere sake uit te stryk wat niks te make gehad het met die Guptas of enige mense wat aan hulle verwant is nie,” het hy gesê.

Ajay Gupta het ook ten sterkste ontken dat hy vir Jonas die pos van minister van finansies aangebied het of hom probeer omkoop het.

Duduzane, wat uit die land uit was sedert sy pa in Februarie as president bedank het, het teruggekeer na Suid-Afrika vir sy broer, Vusi Nhlakanipho Zuma, se begrafnis. Vusi Zuma is verlede Sondag dood aan die outo-immuunsiekte lupus.

Duduzane, sy tweelingsuster, Duduzile, en Vusi is die kinders van Zuma en Kate Mantsho. Hul ma het in 2000 haar eie lewe geneem.

Duduzane het gister ’n lae profiel gehandhaaf by die begrafnisdiens in die Rhema-kerk in Randburg. Sy pa het die media blameer vir sy seun se dood.

Hy het gesê Vusi se gesondheid het agteruit gegaan weens die negatiewe media-berigte oor hom.

“Die media was hard op my familie,” het Zuma gesê. Sy kinders het hom gesmeek om die media te verbied om die begrafnis by te woon, het hy bygevoeg.

Tom Moyane, geskorste hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, het ’n roerende gedig voorgelees. Vusi is in die Wespark-begraafplaas begrawe.

Duduzane het Vrydagnag op Twitter gevra: “Het hierdie land sy sin vir menslikheid verloor sodat ’n mens dit nie eens gegun word om in vrede te rou nie? Wat het met ons swart mense gebeur? Sien ons mekaar nie meer as mense nie? Haat ons mekaar soveel dat ons nie eens meer die pyn van rou verstaan nie?”

Vrydagmiddag het hy getwiet: “ ’n Swart man is altyd ’n verdagte.”

Duduzane moet Donderdag ook in die landdroshof in Randburg verskyn op aanklag van strafbare manslag. Die saak volg nadat hy in 2014 in Sandton met sy Porsche teen ’n minibus-taxi gebots het. Phumzile Dube is op slag dood en drie mense is beseer.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het aanvanklik besluit om hom nie op dié klag te vervolg nie, maar het onlangs sy besluit verander. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%