Zuma jr. en die Guptas landuit

Jare se passiwiteit is Woensdag verbreek toe die Valke in 'n klopjag op die Guptas se huis in Saxonwold, Johannesburg, toegeslaan het.
Deur Erika Gibson en Elaine Swanepoel



Die vernaamste rolspelers in staatskaping is almal landuit, insluitend Duduzane Zuma, wat uiteindelik van strafbare manslag aangekla kan word, kan Rapport onthul.

Rapport het reisdokumente nagegaan wat wys Ajay Gupta is op 6 Februarie na Dubai en het nog nie weer met sy Indiese óf Suid-Afrikaanse paspoort teruggekeer nie.

The Times of India berig Ajay en Atul was die afgelope week in Indië.

Zuma jr. het op 18 Januarie op 'n Emirates-vlug na Dubai vertrek, waar hy 'n R17 miljoen-woonstel het wat die Guptas glo vir hom gekoop het, volgens die Gupta-e-posse.

Zuma jr. het die land verlaat enkele dae voordat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) vir hom gevra het vir redes waarom hy nie weens strafbare manslag vervolg moet word nie.

Dít vir Mekelina ­Dube se dood op die M1-snelweg in 2014. Die NVG het aanvanklik besluit om Zuma jr. nie te vervolg nie.



Politici volgende

Politici kan binnekort vervolg word, berig City Press, Rapport se susterkoerant.

'n Senior bron in die NVG sê dit is byna seker dat oudpres. Jacob Zuma weens korrupsie vervolg sal word.

“Niemand gaan hom beskerm nie,” sê die bron.

Die NVG se aankondiging oor dié saak word teen die einde van die maand verwag.

In die Vrede-saak word veral die name van Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, en Ace Magashule, Vrystaatse premier, genoem.

'n Senior bron het aan City Press gesê hulle is nog besig om die laaste stukkies van die legkaart bymekaar te kry en politici kan wel aangekeer word.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, het einde verlede jaar namens die ­Dube-familie aansoek gedoen om 'n nolle prosequi-sertifikaat vir 'n private vervolging te bekom.

Adv. Shaun Abrahams, NVG-hoof, het nou omgeswaai en die afgelope week aan AfriForum geskryf hy hersien die besluit.

In 'n brief wat Abrahams op 26 Januarie aan Zuma jr. geskryf het, vra hy vir redes teen einde Maart waarom hy nie vervolg moet word nie.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê hulle is verheug oor die besluit.

“Dit is 'n oorwinning vir die Dube-familie, Gerrie Nel en AfriForum, maar ook vir almal in die land wat keelvol is dat oudpres. Zuma, sy vriende en familie vervolging die afgelope paar jaar kon ontduik weens die beskerming wat die leiers van die NVG hulle gebied het.”

Jare se passiwiteit is Woensdag verbreek toe die Valke in 'n klopjag op die Guptas se huis in Saxonwold, Johannesburg, toegeslaan het.

Die Guptas was reeds weg.

Rapport het verlede Dinsdag nog vir Ajay afgeneem waar hy uit 'n helikopter geklim het by die Optimum-myn in Mpumalanga.

Sy reisdokumente wys hy het die vorige dag in Suid-Afrika aangekom en dat hy weer op 'n Emirates-vliegtuig geklim het enkele ure nadat hy afgeneem is.

The Times of India berig die Guptas was Woensdag by 'n Hindoe-fees in hul tuisdorp Saharanpur, waar hulle 'n tempel opgerig het ter ere van hul oorlede pa.

'n Neef, Pradip Agarwal, het aan dié koerant bevestig: “Die twee oudste broers van die familie, Ajay en Atul, was hier, maar het dieselfde dag vertrek. Ek weet nie waarheen hulle is nie.”

Agarwal was geskok om van die klopjag te hoor.

“Watter klopjag? Wanneer het dit gebeur? Hulle het so normaal opgetree.”

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, het gister bevestig hulle is op soek na “twee verdagtes van Indiese herkoms wat vir seker in die buiteland is”.

Rapport verneem van Indiese bronne dat Atul en Tony dié naweek by 'n troue in Indië behoort te wees, wat beteken al drie is waarskynlik in dié land.

Ajay Gupta se prokureur, Ahmed Gani, het volgens die Valke 'n ooreenkoms gehad om Woensdag in die ­be­skuldigdebank in die landdroshof in Bloemfontein in te skuif, maar hy het nie opgedaag nie. Gani het by navraag gesê hy het geen kommentaar nie.

Die hofsaak gaan oor die Vrede-suiwelprojek waar R250 miljoen van die Vrystaatse regering geplunder is.

Luidens hofdokumente is R10 miljoen sommer direk in Atul se bankrekening inbetaal en nóg miljoene aan 'n maatskappy waarvan Zuma jr. 'n direkteur is.

Die agt beskuldigdes, onder wie die Guptas se getroue sakeluitenante soos Nazeem Howa en Ronica Rangavan, was alleen in die hof. Al agt be­skuldigdes is op borgtog van tussen R10 000 en R200 000 vrygelaat.

Sedert die Valke aangekondig het Ajay is amptelik 'n voortvlugtige, het die publiek hulle met oproepe oorval, sê Mulaudzi. Teen gister het private individue al belonings van R1,8 miljoen uitgereik vir enigiemand wat die Guptas kan help vastrek.

Die private ondersoeker Paul ­O'Sullivan se Forensics for Justice het Vrydag 'n beloning van R100 000 elk vir Ajay, Atul, Tony en Zuma jr. uitgeloof.

Daar was 'n bonus van R100 000 indien dit voor middernag gisteraand sou gebeur.

Magda Wierzycka, uitgesproke hoof van die beleggingsmaatskappy Sygnia, het dit geëwenaar.

Gister het sy nóg R200 000 belowe vir die eerste Gupta-lyfwag wat sy of haar base verraai en R200 000 vir die eerste beskuldigde in die Vrede-hofsaak wat 'n staatsgetuie word.

Phiwa Nkambule, 'n entrepreneur en medestigter van die versekeringsmaatskappy Riovic, het in reaksie op Wierzycka se aankondiging nóg R400 000 in die hoed gegooi.

Dit is een ding om die Guptas op te spoor, maar 'n ander om hulle terug te bring na Suid-Afrika indien hulle nie vrywillig kom nie, sê Ulrich Roux, 'n strafregprokureur wat by verskeie uitleweringsake betrokke was.

Suid-Afrika het 'n uitleweringsooreenkoms met Indië, wat sake aansienlik sal vergemaklik, maar nie met die Verenigde Arabiese Emirate waar die Guptas en Zuma jr. uitgebreide belange het nie.

Roux sê 'n uitleweringsproses kan eers begin wanneer 'n Suid-Afrikaanse hof 'n lasbrief vir inhegtenisname uitreik. Die polisie kan dan met Interpol se hulp probeer om die voortvlugtiges op te spoor.

Sodra dié inhegtenisname gedoen is, volg 'n verdere uitleweringsaansoek wat ook in die hof van die land waar die verdagtes skuil, goedgekeur moet word.– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%