'Zuma het my geboelie oor Guptas'
'Zuma het my geboelie oor Guptas'

'Zuma het my geboelie oor Guptas'

Themba Maseko sê hy is deur die Suid-Afrikaanse president geïntimideer.
Ügen Vos



'n Voormalige regeringswoord­voerder sê die hofuitspraak oor staatskaping Woensdag is 'n regverdiging vir die druk waaronder pres. Jacob Zuma hom geplaas het.

Themba Maseko sê Zuma het hom “geboelie en geïntimideer” om die regering se hele jaarlikse advertensiebegroting aan die Guptas te gee.

Maseko, voormalige hoof van die regering se kommunikasiediens, beweer Zuma het hom in 2010 op pad na 'n ontmoeting by die Gupta-kompleks in ­Johannesburg persoonlik geskakel om te sê hy moet die familie help.

“Ek het ná verskeie versoeke ingestem tot die ontmoeting met Ajay Gupta, waartydens hy my beveel het om R600 miljoen, oftewel die advertensiebegroting vir alle regeringsdepartemente, aan hom oor te betaal,” sê Maseko.Die Guptas was in daardie stadium besig om hul mediagroep, wat uiteindelik die 24 uur-nuuskanaal ANN7 en die koerant The New Age geword het, te vestig.

“Ek was geskok. Ek was ver­skriklik omgekrap en geïrriteerd daaroor. Hy (Ajay) het dit baie duidelik gestel dat dit 'n bevel en nie 'n versoek is nie.”

Maseko sê hy het uit die vergadering gestap en die “vreemde voorval” aangemeld, ten spyte van die feit dat Ajay gesê het hy het die mag om die minister van enige departement wat teen die versoek skop na sy huis te ontbied.

“Ek was baie verontwaardig oor die voorval, maar was vasbeslote om nie enige opdragte van die Guptas te neem of enigeen toe te laat om die reëls te oortree of uit te lê soos dit hom pas nie,” sê Maseko.

“Dit was natuurlik baie moeilik om die druk deur die president te weerstaan, maar die waarheid sal altyd seëvier.

“Ek is net bly en dankbaar dat die inligting en bewyse teen die Guptas en Zuma nou besig is om uit te kom.”

Maseko verwelkom twee verdoemende hofuitsprake teen Zuma binne dae en sê dit is baie duidelik dat die president nog heeltyd met uitsteltaktiek besig is.

“Ek voel geregverdig deur die onlangse hofuitsprake teen die ­president, wat duidelik nie sy plig nagekom het nie en sien uit na 'n deeglike ondersoek na staatskaping in die nabye toekoms,” sê Maseko.Maseko het ook die gebeure van destyds aan adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer (OB), oorgedra in haar ondersoek na bewerings van staatskaping.

Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag Zuma se aansoek dat dié verslag hersien moet word met koste van die hand gewys.

Dié terugslag volg nadat dieselfde hof Vrydag Zuma nóg 'n loesing gegee het.

Die hof het toe beveel dat adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, sy pos moet verlaat en dat adj.pres. Cyril Ramaphosa nou Abrahams se opvolger moet aanstel.

Zuma wil teen dié besluit appelleer. Zuma het nou 30 dae om die langverwagte regterlike kommissie van ondersoek na staatskaping wat deur Madonsela aanbeveel is, in te stel.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng moet ingevolge Madonsela se aanbevelings die regter aanstel wat die kommissie sal lei omdat Zuma self by bewerings van staatskaping betrek word.

“Die beslissing is veral welkome nuus, aangesien dit van die begin af duidelik was dat hy (Zuma) nie die geskikte persoon is om 'n regter aan te stel nie,” sê Maseko.

“Dit is 'n skandelike verleentheid dat ons wetstoepassingsagentskappe nog nie werklik die bewerings van staatskaping ondersoek het nie. Dit is hoogtyd dat dinge verander,” sê Maseko.

Maseko is twee maande ná sy rampspoedige vergadering met die Guptas gepos. Jimmy Manyi, wat vroeër vanjaar die eienaar van die Guptas se mediaryk geword het, is toe in Maseko se plek aangestel. Maseko is tans direkteur: kommunikasie vir Business Leadership South Africa.

• Zuma se kantoor het nie onmiddellik op navrae gereageer nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.41 | USD to ZMW 27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 365.06/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.61/lb UP +1.05% | Zinc US$ 2 951.90/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 84.81/BBP UP +0.17% | Platinum US$ 991.62/OZ UP +0.64% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.41 | USD to ZMW 27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 365.06/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.61/lb UP +1.05% | Zinc US$ 2 951.90/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 84.81/BBP UP +0.17% | Platinum US$ 991.62/OZ UP +0.64%