Zuckerberg se vinnige verskyning voor EU frustreer
Die stigter en uitvoerende hoof van Facebook, Mark Zuckerberg, se getuienis voor die Europese Parlement het nie aan verwagtinge voldoen nie.
Parlementslede van die Europese Unie (EU) is hoofsaaklik droëbek huis toe nadat hulle Mark Zuckerberg, Facebook se uitvoerende hoof, met vrae gepeper het, maar hom skaars genoeg tyd gegee het om enige daarvan te beantwoord.
Zuckerberg het verlede Dinsdag op uitnodiging voor dié parlement verskyn om sy maatskappy se rol in die onlangse Cambridge Analytica-skandaal te verduidelik.
Op sy gebruiklik onemosionele wyse het Zuckerberg (weer) verskoning gevra dat Facebook gebruik is om mense te benadeel, maar andersins is hy nie veel tyd gegun om spesifieke vrae te beantwoord of op kwessies te reageer nie.
The Guardian berig die formaat van Dinsdag se verhoor was “aaklig” aangesien dit Zuckerberg die kans gegee het om te kies watter vrae hy in die kort toelaatbare tyd beantwoord en watter nie.
Elke parlementslid is 'n kans gegun om sy of haar vrae aan Zuckerberg te stel, en in baie gevalle was dit 'n onsamehangende gemors wat verskillende onderwerpe saam in een hoed probeer gooi het.
Eers ná langer as 'n uur is Zuckerberg die kans gegun om te antwoord, maar dit was te laat want die verhoor moes binnekort afgesluit word.
Zuckerberg het toe in 'n breedvoerige toespraak probeer om van die parlementslede se vrae te beantwoord en, soos voor die Amerikaanse senaat, het hy aangedui dat sy span na hulle sal terugkeer met antwoorde rakende spesifieke kwessies waarvan hy nie genoeg weet nie.
“Ongelukkig het die formaat van die verhoor veroorsaak dat Zuckerberg kon kies watter vrae hy beantwoord in plaas daarvan om te reageer op elke individuele punt,” het Damian Collins, voorsitter van Brittanje se komitee vir digitale kultuur, media en sport, ná die verrigtinge gesê.
Die BBC berig aanvanklik is gedink dat Zuckerberg dié formaat “om 'n rede” versoek het, maar 'n woordvoerder van die maatskappy het dit later ontken.
Zuckerberg het nietemin sy verskyning voor die EU-parlementslede gebruik om opnuut verskoning te vra. “Of dit nou fopnuus is, of inmenging in verkiesings deur buitelandse magte of programmeerders wat gebruikers se inligting op 'n onvanpaste wyse gebruik, ons het nie ons verantwoordelikhede ernstig genoeg opgeneem nie. Dit was my fout en ek is jammer daaroor.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie