Zuckerberg loop bloutjie met wagwoord
Niel Joubert
“Moenie jou Facebook-wagwoord op enige ander webwerwe gebruik nie,” waarsku Facebook sy gebruikers.
Mark Zuckerberg se Twitter- en Pinterest-rekening is vandeesweek deur kuberkrakers oorgeneem nadat die stigter van Facebook nie sy eie sosialemedia-platform se raad gevolg het nie.
Dit moet ook vir gebruikers ’n waarskuwing wees – gebruik sterk wagwoorde.
The Wall Street Journal berig iemand met kennis van die saak sê Zuckerberg het sy wagwoord, “dadada”, op meer as een webwerf gebruik.
Dié wagwoord het in Mei op ’n databasis verskyn van meer as 100 miljoen gebruikersname en wagwoorde wat in 2012 van LinkedIn gesteel is.
Felix Richter, woordvoerder van Statista, sê Zuckerberg was egter gelukkig, want die “OurMine Team” wat sy rekeninge gekraak het, het aangedui dat hy slegs Zuckerberg se sekuriteit getoets het.
Die lys van wagwoorde van LinkedIn is dalk oud, maar word steeds deur kuberkrakers gebruik en ander is dalk nie so gelukkig soos Zuckerberg nie.
Die kuberkrakers gebruik die wagwoorde op ander webwerwe in die hoop dat hulle gebruikers kry, soos Zuckerberg, wat dieselfde wagwoorde op verskeie plekke gebruik. Dit sluit gebruikers se bankrekeninge in.
Volgens die navorser Gartner gebruik meer as twee derdes van mense dieselfde wagwoord op verskeie plekke.
Die data van 117 miljoen LinkedIn-gebruikers is in 2012 gesteel, en het gewys dat “123456” die gewildste wagwoord is en deur 750 000 mense op die webwerf gebruik is, sê Richter.
Die naasgewildste was “linkedin”, gevolg deur “password”. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie