Zuckerberg 'ignoreer' belangrikste vraag
Zuckerberg 'ignoreer' belangrikste vraag

Zuckerberg 'ignoreer' belangrikste vraag

Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, het Woensdag weer getuienis op Capitol Hill in Washington gelewer.
Mark Zuckerberg, stigter en uitvoerende hoof van Facebook, het Woensdag moeilike vrae oor sensorskap en sy maatskappy se privaatheidsbeleid voor 'n gesamentlike sitting van 42 senators in die Amerikaanse kongres beantwoord.

Maar ná 10 uur se getuienis het hy steeds nie die belangrikste vraag oor Facebook beantwoord nie: Hoeveel data versamel Facebook van gebruikers . . . en nie-gebruikers?

CNN berig dié vraag is verskeie kere gevra en op verskillende maniere, maar in die meeste gevalle het Zuckerberg dit gesystap deur voor te stel dat sy span dit later opvolg.

Die naaste wat hy gekom het om die kwessie te bespreek, was toe hy toegegee het dat Facebook data versamel van gebruikers, selfs wanneer hulle nie op Facebook is nie, en selfs nie aangemeld is op die sosiale­mediaplatform nie.

Indien Facebook ophou om dié data te versamel, sal sy hele sakemodel ­ondermyn word, volgens CNN.

Zuckerberg is na die kongres genooi om antwoorde te gee oor hoe Cambridge Analytics, 'n Britse ­politieke raadplegingsmaatskappy, die persoonlike data van soveel as 87 miljoen Facebook-gebruikers bekom het.

Daar is ook ernstige kommer oor bewerings dat Rusland moontlik Face­book misbruik het om die Amerikaanse verkiesing in 2016 te beïnvloed.

Zuckerberg sê mense gebruik Facebook en sy toepassings 100 miljard keer per dag, berig die webtuiste Recode.

Zuckerberg, wie se eie data ook ­uitgelap is, het oor die twee dae wat hy getuig het verskeie kere om ver­skoning gevra vir die dataskandaal, maar hou vol dat Facebook nie gebruikers se data verkoop om geld te maak nie.

Facebook stoor inligting wat wissel van jou e-posadres tot hoeveel krag op jou battery oor is en gebruik dié inligting om geteikende advertensies na jou tuisblad te stuur.

Derdepartye soos Cambridge Analytics, Uber en Spotify kan egter toegang tot jou inligting kry wanneer jy van Facebook af daarop inteken, tensy jy spesifiek jou privaatheidstellings verander om dit te verbied. Facebook hersien nou die manier waarop dit gedoen word.

Sou hy bereid wees om Facebook se voorkeurstelling só te wysig dat dit die stoor van inligting beperk, wou die politici weet.

Hierop het Zuckerberg gesê dit is 'n moeilike kwessie wat meer as 'n blote ja of nee antwoord verdien.

Volgens The Verge is Republikeinse verteenwoordigers veral besorg dat Facebook se algoritmes moontlik konserwatiewe gebruikers benadeel.

Dit volg nadat die pro-Trump vloggers Lynnette “Diamond” Hardaway and Rochelle “Silk” Richardson gekla het dat Facebook in November begin het om hulle te keer om hul volgelinge van nuwe video's in kennis te stel.

Zuckerberg sê dit was 'n fout wat reeds reggestel is.

Zuckerberg sê gebruikers besit hul eie data wat hulle op Facebook laai en kan dit uitwis as hulle wil. Dit beteken egter nie dat die advertensieprofiel wat van jou gestoor word ook uitgewis word nie.

Oor inmenging in verkiesings sê Zuckerberg: “So lank as wat daar mense in Rusland sit wat probeer om by verkiesings oor die wêreld heen in te meng, gaan dit 'n stryd bly,” sê Zuckerberg

The Guardian skryf in 'n meningstuk elke senator is minder as vyf minute gegee om vrae aan Zuckerberg te stel.

Zuckerberg het volgens die publikasie sy antwoorde probeer uitrek en vrae met vae praatjies oor Facebook se visie, missie en filosofie beantwoord.

Die Demokratiese verteenwoordigers Richard Blumenthal en Kamala Harris, wat veral antwoorde wou hê, het selfs hul volgelinge gevra om 'n skakel na hul eie Facebook-blad te volg om na Zuckerberg se getuienis te kyk.

The New York Times berig Facebook het vooraf 'n span van die regsfirma WilmerHale en ander konsultante gehuur om Zuckerberg te leer hoe om vrae te beantwoord en hoe om te reageer as hy onderbreek word. Lede van Facebook se kommunikasiespan en die konsultante het die rol van lede van die Amerikaanse kongres tydens vier van sulke oefenlopies vertolk.



Vyf belangrike dinge wat jy oor Zuckerberg se getuienis moet weet:

• Zuckerberg het verskeie kere om verskoning gevra en beloof om veranderinge aan Facebook se privaatheidsbeleid te maak, maar ook sy maatskappy teen die moontlikheid van nuwe wetgewing verdedig.

• Zuckerberg sê sy maatskappy is in 'n “wapenstryd” met Rusland ­gewikkel. “So lank as wat daar mense in Rusland sit wat probeer om by verkiesings oor die wêreld heen in te meng, gaan dit 'n stryd bly,” sê Zuckerberg.

• Zuckerberg het in antwoord op 'n vraag deur Anna Eshoo, 'n demokratiese verteenwoordiger van Kalifornië, erken sy eie data is ook uitgelek. Hy het ook gesê hy glo hy het 'n morele verantwoordelikheid om seker te maak Facebook ondersteun demokrasie.

• Facebook het intussen in 'n voortgesette poging om sy reputasie te herstel 'n nuwe program bekend gestel waarmee gebruikers met tot US$40 000 vergoed word as hulle nog maatskappye kan uitsnuffel wat sy data op 'n onvanpaste manier gebruik.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.38 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.38 | USD to ZMW 25.21 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.57/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.87/lb UP +2.55% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 83.15/BBP DOWN -0.0084 | Platinum US$ 1 037.87/OZ UP +3.65% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.38 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.38 | USD to ZMW 25.21 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.57/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.87/lb UP +2.55% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 83.15/BBP DOWN -0.0084 | Platinum US$ 1 037.87/OZ UP +3.65%