Ziveli slaan terug teen beswaardes

Appèl teen interdik aangeteken

12 October 2018 | Howe
Die land se hoogste hof is genader om te gelas bouwerk by 'n leefstyloord naby Windhoek mag hervat.

“Ons verwag die ontwikkeling sal binne 'n redelike tyd terug op koers wees,” sê mnr. Dirk Oosthuizen van Square Foot Developments in 'n nuusvrystelling.

Die appèlaansoek is reeds op 11 Julie by die hooggeregshof geliasseer, maar 'n verhoordatum is nog nie toegeken nie.

Dit volg nadat regter Petrus Unengu op 6 Julie vanjaar in die guns van die appellante, die Auas Valley-inwonersvereniging, Harmony Mountain Village en inwoners van ­Tranquility, 'n tydelik interdik toegestaan wat bouwerk by Ziveli gestuit het.

Op 13 Julie het die saak weer in die hoërhof gedien. Omrede Harmony aangevoer het dat kontrakteurs met bouwerk voortgaan, is die saak verder uitgestel. Die ontwikkelaar kon egter dadelik bewyse indien wat bevestig het dat net 'n beperkte aantal werkers vir een dag teenwoordig was om die bouperseel te beveilig en toerusting te verwyder.

Op 10 Augustus het die saak weer voor regter Collins Parker gedien. In die redes vir sy bevinding, gelewer op 4 September, het Parker beslis die ­minister van die omgewing en toerisme moet opnuut besware teen sy goedkeuring van die omgewings­klaringsertifikaat aanhoor. 'n Datum is ook nog nie vir die verhoor vas­gestel nie.

Parker het bevind nie genoeg inspraak is toegelaat voor 'n klaringsertifikaat toegestaan is nie. Volgens Parker kon die vorm waarop die appèl ingedien is, 'n verwagting vir 'n mondelinge verhoor by gegriefdes geskep het.

Aangesien 'n volledige evaluering van moontlike invloede op die om­gewing lank die omgewingskommissaris se wetlike toetse geslaag het, reken Square Foot geen nuwe, suiwer omgewingskwessies kan ter sprake kom nie. Die ontwikkelaar voer ook aan die minister van die omgewing en toerisme het nie die mandaat om besluite oor dorpsordinansies te neem nie.

Square Foot en sy regslui hou voet by stuk die projek is getrou aan vereistes van die Aris-dorpbeplanningskema.

Die aanvanklike sonering van die oord, voor hersonering plaasgevind het, was vir landelike wonings, waarvoor voorskrifte 'n maksimum van een wooneenheid per vyf hektaar toelaat. Vir 'n landelike aftreewoning skryf regulasies 'n minimum erfgrootte van 450 vierkante meter voor.

Voorskrifte vir 'n natuurlandgoed laat vir aftree-eenhede 'n totale digt­heid van een eenheid per 450 vierkante meter toe. Dit behels volgens Square Foot en sy regslui totale, gemiddelde bouvereistes vir die gebied en verwys nie na digtheid vir 'n ­spesifieke erf nie.

Vorige eienaars het volgens Square Foot by tye in aansoeke na die ontwikkeling as 'n aftree-oord verwys, omrede 'n klein gedeelte van die skema wat toe beplan was vir die ouer garde gereserveer sou wees. Volgens die ontwikkelaar kan die ­woonbuurtraad in belang van ­stedelike groei en harmonieuse in­skakeling by be­staande, stedelike ontwikkelings dieselfde digthede as in stadsgebiede toelaat.

Volgens Square Foot het die munisipaliteit van Windhoek al so vroeg as 1996, meer as 20 jaar gelede, verwag dat bouwerk rondom Windhoek sou versnel.

Die benutting van alle beskikbare en gelyke grond, 'n hoër digtheid van wonings om die vermorsing van grond te voorkom en toegang tot die nabygeleë Windhoek deur middel van toegangspaaie is volgens Square Foot in ag geneem toe die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling se woonbuurtraad die projek in Junie 2007 aanbeveel het.

Planne is daarna goedgekeur vir onderverdeling van die 27 beskikbare hektaar in enkel ­residensiële eenhede, algemene residensiële eenhede, kommersiële eenhede en oop ruimtes. Volgens Square Foot maak die planne dus wettiglik voorsiening vir digthede van algemene residensiële eenhede, wat wissel van 100 tot 150 en 250 vierkante meter – soos in 'n stadsgebied. Die kleinste enkel residensiële erf is 700 vierkante meter groot en die totale, ­gemiddelde digtheid van die hele ontwikkeling is volgens Oosthuizen een huis per 900 vierkante meter.

Ziveli is volgens Oosthuizen dus bloot deel van die normale uitbreiding van die hoofstad. “Ziveli verskaf buitengewone behuisingsmoontlikhede in die middelinkomstegroep,” sê hy.

Oosthuizen voer aan bure sal groot voordeel uit die ontwikkeling trek danksy dienste waarvoor die ontwikkelaar betaal. “Tans is die plotte in die omgewing afhanklik van ondergrondse waterbronne en verouderde rioolstelsels kan moontlik Windhoek se watertafel besoedel,” verduidelik hy.

“Die Ziveli-ontwikkeling spreek die gevaar op groot skaal aan.”

Oosthuizen betreur dit dat brood nou uit mense se monde geneem is weens die geskil. Square Foot beskou die interdik as nog 'n ongelukkige slag vir 'n sukkelende ekonomie en 'n boubedryf wat baie swaar kry. “Weens die interdik moes die ontwikkelaar en kontrakteur talle werknemers aflê.”

Soortgelyk

 

Brian Finch privaat gegroet

27 minute gelede | Kuns en vermaak

Die musieklegende Brian Finch, wat vroeër vandeesweek sy stryd teen kanker verloor het, gaan tydens ’n private seremonie ter ruste gelê word. Volgens ’n plaaslike...

NSFAF beperk finansiering

1 uur gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) sal eerskomende Vrydag ’n lys van 2 925 nuwe begunstigdes beskikbaar stel. Die byna 3 000 gelukkiges word...

Eis van miljoene ná miskraam

12 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - ‘n Vrou wat aanvoer sy het ‘n miskraam gehad nadat sy drie dae lank sonder kos en water in die polisieselle by...

Kuns tussen die wingerde

12 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - “Ek glo ’n goeie skildery ontstaan wanneer ’n bietjie talent en ’n groot klomp passie op die skilderdoek ontmoet.”Dit is hoe die...

Twee Namibiërs in SA hof oor diamante

12 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Twee Namibiese mans het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad in verband met die onwettige besit van 27 ongeslypte diamante verskyn. Mnr....

Namibiër vertolk hoofrol in Fiela se kind

12 ure gelede | In beeld

Die Namibiese aktrise Zenobia Kloppers het die hoofrol in die fliek Fiela se kind losgeslaan. Zenobia, wat Fiela Komoetie sal speel, is ’n bekende aktrise...

Live for the moments, not the milestones

12 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergCarla van Zyl is the top medical student from the class of 2018 at the University of Namibia (Unam). This motivated, driven and passionate...

Musieklegende se stem stil

12 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg - Die geliefde Suid-Afrikaanse musikant, Brian Finch (72), het Sondag sy maande lange stryd teen kanker verloor.Finch en sy vrou, Marion, woon al...

Padgebruik al duurder

12 ure gelede | Infrastruktuur

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...