Zimbabwiese musieklegende sterf
Die wêreld was Woensdag geskok ná die nuus dat die ikoon Oliver “Tuku” Mtukudzi op die ouderdom van 66 gesterf het. Mtukudzi was ’n sakeman, filantroop, menseregte-aktivis en die Verenigde Nasies se kinderfonds (Unicef) se welwillendheidsambassadeur vir die Suider-Afrikaanse streek. Sy nalatenskap is ongeëwenaar en sal geslagte wat volg, aanspoor.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie