Zimbabwe in 'doodspiraal'
Zimbabwe se verlammende kontanttekort het 'n gat in die finansiële stelsel gelaat wat die res van die ekonomie laat ineenstort.
Zimbabwe het agt jaar gelede sy eie geldeenheid met die dollar vervang wat aanvanklik hiperinflasie gestop het.
Die sterk dollar het invoer aangevuur en uitvoer beperk wat veroorsaak het dat banknote feitlik verdwyn het.
Dit het daartoe gelei dat die sentrale bank opdrag gegee het aan banke om kontantonttrekkings op US$150 per week te beperk.
Volgens Mohamed Salam, die eienaar van 'n paar klein winkeltjies wat bouvoorraad in Harare verkoop, kan hy geld in die bank deponeer en plaaslike verskaffers betaal, maar hy kan nie buitelandse verskaffers betaal nie.
“As ons kontant deponeer, word dit teoreties,” sê hy.
“Die bankstaat toon dit is daar, maar dit is nie.”
Die likiditeitskrisis veroorsaak dat maatskappye nie hul werkers of buitelandse verskaffers in kontant kan betaal nie, en laat baie ondernemings ondergaan.
Zimbabwe se sentrale bank beraam daar is omtrent US$4 miljard se note wat in die ekonomie sirkuleer.
Busisa Moyo, president van die Konfederasie van Zimbabwiese Nywerhede, meen egter die bedrag wat beskikbaar is, is so min as US$100 miljoen.
“Die ekonomie is in wat ons 'n spiraal na die dood noem,” sê Steve Hanke, 'n professor van toegepaste ekonomie van die Johns Hopkins Universiteit van Baltimore.
Hy het die voorkoms van hiperinflasie in Zimbabwe bestudeer.
Hanke blammeer die korrupsie en onbevoegdheid van pres. Robert Mugabe (92) se regering vir die situasie omdat hulle “neig om swak ekonomiese beleidsbesluite te neem”.
Die tekort aan buitelandse valuta het Brewer Delta, wat gedeeltelik deur Anheuser-Busch InBev besit word, en die telekommunikasiemaatskappy Econet Wireless Zimbabwe, verlede jaar gedwing om dividende op te skort en betalings aan buitelandse verskaffers te stop.
'n Aantal winkels en ondernemings bied groot afslag aan klante wat kontant betaal of beperk die bedrae wat hulle op kredietkaarte kan aanvaar of weier om dit te aanvaar.
“Die land het geen geld meer nie en ons het heeltemal die vermoë verloor om vir invoer te betaal,” sê John Robertson, 'n onafhanklike ekonoom in Harare.
“Dit gebeur terwyl produktiwiteit afneem omdat noodsaaklike insette nie bekom kan word nie omdat daar nie buitelandse valuta is om daarvoor te betaal nie.”
In 'n poging om die tekort aan banknote te verlig en te keer dat mense kontant opgaar, het die regering in November skuldbriefnote begin versprei.
Tot dusver is US$88 miljoen van die beplande US$200 miljoen van die sekuriteite wat aan die dollar gekoppel is, uitgereik. Die regering het 'n lening van die African Export-Import Bank gekry om die banknote uit te reik.
Terwyl banke en groot winkelgroepe die plaasvervangernote aanvaar, wil klein winkels, informele handelaars en taxibestuurders dit nie aanvaar nie.
Hulle glo die note is net 70% van 'n dollar werd.
Hanke wat direkteur van die Troubled Currencies Project van die Cato Instituut van Washington DC, sê die besluit om die skuldbriefnote uit te reik was 'n ramp.
“Zimbabwe het nie meer 'n suiwer dollar-gebaseerde stelsel nie, maar 'n gemengde een, wat gaan misluk.
“Meer skuldbriefnote gaan net veroorsaak dat mense meer dollars gaan opgaar omdat dit as 'n beter geldeenheid beskou word.
“As die uitreiking van skuldbriefnote verhoog in reaksie tot die opgaar van dollars, gaan die premie wat dollars tot die skuldbriefnote het wyer word en so gaan die verwringing in die ekonomie toeneem.” -Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie