Zim wil nou die ruimte in
Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe het Dinsdag bekend gemaak dat Zimbabwe ’n ruimteagentskap op die been bring, luidens die nuusagentskap AFP.
Die Zimbabwe National Geospatial and Space Agency gaan onder andere observasiesatelliete, wêreldwye navigasiesatellietstelsels, onbemande vliegtuie, en ruimtetegnologie wat vir landbou, mynbou en bewaring ingespan gaan word, ontplooi, het Mnangagwe in Harare gesê.
“Hierdie inisiatief gaan Zimbabwe se vermoëns in die wêreldwye konteks van ruimtetegnologie bevorder om volhoubare ontwikkeling te weeg te bring,” sê hy.
Mnangagwa het verlede November by Robert Mugabe oorgeneem en het onderneem om die land se 80%-werkloosheidsyfer hok te slaan deur buitelandse beleggers terug te lok en in infrastruktuur te belê.
Sy mikpunt is om sy land teen 2030 in ’n middel-inkomste-ekonomie te verander.
Mnangagwa (75) kom aan die einde van Julie in die presidensiële verkiesing teen Nelson Chamisa van die Movement for Democratic Change te staan. – Netwerk24/News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie