Zim wil invoertarief op mielies hê
Die graanmeulenaarsvereniging van Zimbabwe wil hê die regering moet 'n invoertarief van 40% op mielies en koring instel wat vanaf Suid-Afrika ingevoer word.
Mnr. Tafadzwa Musarara, voorsitter van die vereniging, sê die invoer kortwiek Zimbabwe se pogings om voedselsekuriteit deur middel van plaaslike produksie aan te moedig.
“Die plaaslike meule is onder druk met sy Suid-Afrikaanse eweknie wat goedkoop geneties aangepaste mieliemeel in ons ekonomie stort. Dit is tyd dat Zimbabwe sy ekonomie herfokus deur stapelvoedsel plaaslik te produseer,” sê Musarara.
Zimbabwe, wat voorheen mielies na sy bure uitgevoer het, voer mielies in sedert 'n grondhervormingsprogram wat in 2000 begin is, waardeur grond van hoofsaaklik wit boere weggeneem is. Dit grond is toe onder swart bestaansboere verdeel.
Musarara sê die land het sedert 2002 US$7 miljard aan die invoer van mielies en mielieprodukte bestee.
Die vereniging het hom daartoe verbind om 800 000 ton mielies en 100 000 ton koring wat plaaslik geproduseer is, te koop.
Die land het volgens 'n afsonderlike voorlegging aan die Zimbabwiese parlement 115 000 ton koring in voorraad, maar sukkel om dit te gebruik weens die invoer.
-Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie