Zim-weermag gryp dalk in
Zimbabwe is blykbaar “op ’n mespunt” nadat dié land se weermaghoof aangedring het dat die “uitsuiwering” van pres. Robert Mugabe se Zanu-PF beëindig word, nadat adj.pres. Emmerson Mnangagwa verlede week in die pad gesteek is.
Genl. Constantino Chiwenga het Maandag op ’n nuuskonferensie, waar minstens 90 senior weermaglede teenwoordig was, gesê: “Die huidige uitsuiwering wat duidelik lede van die (Zanu-PF) party teiken wat ’n bevrydingsagtergrond het, moet stop.”
Luidens die nuuswebtuiste New Zimbabwe.com, het Chiwenga onlangs teruggekeer van ’n besoek aan China om uit te vind die adjunkpresident, Emmerson Mnangagwa is onthef en uit die regerende Zanu-PF geskop.
Luidens die berig steun die weermag Mnangagwa om Mugabe (93) op te volg, maar dit blyk asof Mugabe se vrou, Grace, die moontlike opvolger gaan wees.
Chiwenga het die party daarvan beskuldig dat hy senior lede uitskop wat deelgeneem het aan die bevrydingstryd van die 1970’s teen die witminderheidsregering wat aan bewind was in Rhodesië.
Hy beweer teenrevolusionêre magte probeer die party vernietig.
“Die suiwering, waarin partylede met ’n liberale agtergrond duidelik geteiken word, moet onmiddellik stop,” het Chiwenga op die mediakonferensie gesê.
“Ons moet die verradelike spul herinner dat die weermag nie sal huiwer om in te gryp waar die beskerming van die rewolusie ter sprake kom nie.”
Mnangagwa is afgedank en verneder nadat hy en die presidentsvrou, Grace Mugabe, koppe gestamp het. Hy is daarvan beskuldig dat hy pres. Robert Mugabe (93) ondermyn het.
Grace is in die gunstigste posisie om haar man op te volg.
Politieke ontleders het gewaarsku dat Mnangagwa se afdanking ernstige gevolge buite Mugabe se beheer sal inhou.
Mnangagwa het intussen landuit gevlug.
Sy hoofmededingers in Zanu-PF was die Generasie 40-groep, wat Grace ondersteun. - Netwerk24/AFP/News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie