Zim: Wat ons weet
Wat ons sovêr weet oor die situasie wat tans in Zimbabwe ontvou:
•1) Pres. Robert Mugabe (93) se moeilikheid het begin die oomblik toe hy sy adjunk, Emmerson Mnangagwa, op 6 November in die pad gesteek het.
•2) Zimbabwe se weermaghoof het Maandag kapsie gemaak teen die “suiwering” in die Zanu-PF-party nadat Mnangagwa afgedank is en gewaarsku dat die weermag kan ingryp.
•3) Die weermag en Zanu-PF het ontken daar is ’n volslae staatsgreep, hoewel Mugabe onder huisarres is en weermagtenks by die hoofkwartier van die presidensiële wag en aan die buitewyke van die Zimbabwiese hoofstad, Harare, gesien is.
•4) Mnangagwa, voormalige adjunkpresident van Zanu-PF, soldaat, oud-intelligensiehoof en Grace Mugabe se vernaamste teenstander, blyk pres. Mugabe se vernaamste opvolger te wees, volgens die Instituut vir Sekerheidstudies en politieke ontleders. Luidens gerugte het Mnangagwa Dinsdag na Suid-Afrika gevlug, maar Woensdag weer teruggekeer na Zimbabwe.
•5) Inwoners van Harare het Woensdag aangegaan met hul daaglikse take. Winkels soos die OK was oop. Toue het by kitsbanke gevorm soos mense probeer het om geld te onttrek.
•6) Pres. Jacob Zuma van Suid-Afrika, wat ook voorsitter is van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, het Woensdag ’n spesiale afvaardiging gestuur om te gaan onderhandel. Die afvaardiging gaan in Zimbabwe met Mugabe en die weermag vergader. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie