Zim-toerspan haak die knoop deur
Krieket
Zimbabwe se krieketspanne het vandag twee oorwinnings oor Namibiese opposisie behaal.
By die Wanderers-veld het die Zimbabwiese A-span met 31 lopies die knoop deurgehaak in die eerste eendagwedstryd van hul kort toer.
Die besoekers het 236/6 in hul 50 boulbeurte behaal (Peter Moor 79; Sarel Burger 3/28).
Namibië was op dreef terwyl Stephen Baard (61), Craig Williams (51) en Jan Frylinck (25) voor die penne was, maar het op deurslaggewende tye hul paaltjies verloor en het op 205 almal uit geëindig.
Die tweede eendagwedstryd word Dinsdag by Trustco United se veld gespeel.
• In Harare het die gasheerland se o.19-span die reeks teen sy Namibiese eweknie met 5-0 beklink.
Zimbabwe is vandag in die laaste wedstryd ingestuur om te kolf en in in sy laaste boulbeurt op 284 almal uitgeboul. Liam Roche (96 nie uit nie) het sy honderdtal net-net misgeloop.
Vir Namibië het die beste pogings van Henry Brink (48), kaptein Lo-han Louwrens (39) en Eben van Wyk (69) uiteindelik nie genoeg steun gekry om die span verder as 201 almal uit te bring nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie