• Tuisblad
  • Afrika
  • Zim se hoë kommisariaat in Windhoek: ‘Mugabe blý staatshoof’
Zim se hou00eb kommisariaat in Windhoek: u2018Mugabe blu00fd staatshoofu2019
Zim se hou00eb kommisariaat in Windhoek: u2018Mugabe blu00fd staatshoofu2019

Zim se hoë kommisariaat in Windhoek: ‘Mugabe blý staatshoof’

Estelle de Bruyn
Die Zimbabwiese Hoë Kommisariaat in Windhoek het ‘n verklaring uitgereik waarin die huidige situasie in die buurland erken word en toegegee word dat die weermag oorgeneem het.
Tog word gesê pres. Robert Mugabe bly die staatshoof.
Sy regering aanvaar egter dat sekere ministers “kriminele klagtes” in die gesig staar. Die versekering word gegee dat die staatsdiens, parlement en die regsbank “soos gewoonlik” met hul pligte sal voortgaan.
“Die land bly vreedsaam en stabiel en alle veiligheidspersoneel is onder streng instruksies om niemand leed aan te doen nie,” lui die verklaring.
In die verklaring sê die hoë kommissariaat dit is beskikbaar vir kontak met die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge, asook alle geakkrediteerde diplomatieke, konsulêre en internasionale organisasies.

Kommentaar

Republikein 2025-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer