Zim moet staatsamptenare aflê – WB
Die oorheersende rol wat die Zimbabwiese regering in dié land se ekonomie speel, het volgens die Wêreldbank (WB) ’n “beduidende struikelblok vir langtermyngroei” geword.
Volgens ’n verslag deur die Wêreldbank (WB) bestee Zimbabwe te veel aan staatsamptenare se salarisse.
Die WB sê die manier hoe finansiering in sommige sektore gestruktureer is, vererger ongelykhede eerder as om dit te verminder.
Die WB het Woensdag sy tweede ekonomiese oorsig oor Zimbabwe bekend gestel en waarsku dié land sal drasties ’n plan moet maak met fiskale wanbalanse as hy die huidige finansiële krisis, wat ’n kontantkrisis insluit, onder beheer wil kry.
Volgens die wêreldliggaam het die fiskale tekort in dié land in 2016 tot 10% van bruto binnelandse produk (BBP) toegeneem, van net 2,3% in 2015.
Dit het wel korttermyngroei gesteun, maar hulpbronne uitgeput wat medium- en langtermynontwikkeling moet aanhelp.
Volgens die WB is dié tekort hoofsaaklik deur die plaaslike finansiële markte gefinansier, aangesien agterstallige skuld in die buiteland Zimbabwe verhinder het om nog kapitaal in te vorder op internasionale markte. Dit het tot die huidige kontant tekort in dié land gely.
“Die voortdurende finansiële broosheid gaan na verwagting langtermynbeleggings deur klein en groot maatskappye verhinder,” sê die verslag.
Die bank het saam met die regering van Zimbabwe gewerk om ’n oorsig van staatsbesteding saam te stel.
“Die oorsig oor staatsbesteding is ’n goeie beginpunt om die fiskale tekort op ’n billike manier te verminder. ’n Kleiner tekort, verkieslik tot minder as die 7% van die BPP wat vir 2017 voorspel word, is noodsaaklik vir finansiële stabiliteit en langtermyngroei.
“Dit sal dalk moeilike besluite vereis oor hoe om staat se groot loonrekening te verlaag,” sê Paul Noumba Um, ’n direkteur by die WB verantwoordelik vir Zimbabwe.
As staatsamptenare afgelê word, sal dit die land se werkloosheidskoers selfs verder verhoog. Dit is volgens Forbes reeds 95%.
Nog ’n kwelpunt vir die WB is dat staatsondernemings, wat netto oordragte van die staat ontvang, a reuse-bron van fiskale risiko geword het.
Daar bestaan ook ’n wanverhouding by plaaslike owerhede tussen hul mandaat om dienste te lewer en hul vermoë om doeltreffend te mobiliseer en take te bestuur.
“Zimbabwe moet die rol van die staat in sy dele ondersoek om te verseker dit ’n staatsdiens het wat geskik is om ’n grondslag vir langtermyngroei te skep.” Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie