Zim en Kuba deel raad

Die Zimbabwiese regering sê danksy verskeie ondersteuningsprogramme vir hervestigingsboere is dié land op 'n positiewe trajek geplaas om sy status as Afrika se broodmandjie te herwin.
Elvira Hattingh
Die Zimbabwiese regering het by Namibië se tweede nasionale grondkonferensie sy hervesti­gingsmodel as 'n voorbeeld van grondhervorming aangebied wat produksie verbeter het.

Die Zimbabwiese minister van grond, landbou, water, klimaat en landelike-vestiging, mnr. Perence Shiri, het oor ondersteuningsprogramme vir hervestigingsboere voor en ná Zimbabwe se meestal omstrede grondhervormingsinisiatief gesels.

Volgens hom het verskeie pre- en post-ondersteuningsprogramme vir hervestigingsboere dié land weer op 'n positiewe trajek geplaas om sy voormalige status as broodmandjie van Afrika te herstel. Dit is vir die Zimbabwiese regering 'n aanduiding van suksesvolle hervestiging.

Kuba het ook oor sy ervaring met grondhervorming onder leiding van Che Guevara gepraat. China was genooi om lesse te deel oor Chinese grond­hervormingsprosesse, maar het nié van die ­geleentheid gebruik gemaak nie.



ZIM SE ERFENIS

Shiri se adjunkminister, mnr. Douglas Karoro, het sy toespraak namens hom gelewer.

Volgens Shiri het Zimbabwe met onafhanklikwording 'n skewe grondeienaar­skapstruktuur geërf. Die groot kommersiële landbousektor was in die hande van sowat 6 000 wit boere. Shiri sê 'n minderheidsgroep het dus oor sowat 45% van die beste landbougrond in die land beskik.

“Asof dit nie 'n groot genoeg bespotting van inheemse mense was nie, was dié grond in hoë reënvalgebiede geleë wat 'n hoë produksiepotensiaal het.”

Shiri sê kleinskaalkommersiële boere, wat uit 8 500 swart boere bestaan het, het sowat 5% van landbougrond besit, terwyl 1,4 miljoen kommunale boere minder as 50% van landbougrond besit het. Dié ongelykhede het volgens hom vir radikale grondhervorming gevra.



GEWILLIGE KOPER, GEWILLIGE VERKOPER

“Tussen 1980 tot 2000 was grondhervorming op die beginsel van ­gewillige koper, gewillige verkoper gebaseer en die ­regering het die eerste reg om te koop, geniet. Slegs 3,4 miljoen ha is egter so bekom, terwyl die doel was om altesaam 8,3 miljoen ha grond te bekom.

“Ons het die volgende lesse geleer: Met die gewillige koper, gewillige verkoper-beginsel is nóg die regering, nóg voornemende hervestigingsboere in beheer van die proses. Slegs 'n beperkte hoeveelheid grond word beskikbaar gestel omdat daar nie veel gewillige verkopers is nie. Boonop word meestal marginale grond aangebied – en peperduur pryse word gevra.

“Die gewillige koper, gewillige verkoper-beginsel was 'n klaaglike mislukking. Die regering van Zimbabwe het dus geen ander keuse gehad as om hulself tot meer oortuigende en dwingende metodes te wend nie,” het Shiri onder luide applous van konferensiegangers gesê.

Volgens hom is 'n ­internasionale grondkonferensie in 1998 tussen Zimbab­wiërs en skenkerlande gehou, waar­tydens ­resolusies aanvaar is wat insluit die gewaarborgde finansiering van grondhervorming in die vorm van vergoeding aan wit boere.

“Daar het niks van dié resolusies gekom nie, met Brittanje wat eerste was om finansiering te weier,” het Shiri gesê. “Brittanje se gedrag was 'n duidelike teken vir die Zimbabwiese regering dat die herverspreiding van grond op ander maniere gedoen moes word.

Iets radikaal en onortodoks moes gedoen word,” het Karoro onder verder applous uit Shiri se voorspraak voorgelees.

“Die regering het die radikale roete gekies om grondhervorming te bespoedig en in Julie 2000 met die versnelde grondhervormingsprogram begin, waartydens vergoeding slegs vir roerende en vaste eiendom betaal is. Die las om vir die grond te betaal, is aan die Britse ­regering oorgelaat."

Altesaam 5,9 miljoen ha is op dié manier bekom, asook 3 miljoen vir die hervestiging van 152 000 gesinne op ­eersteklas grond.



STEUN NÁ HERVESTIGING

Shiri sê die Zimbabwiese regering het ­intussen verskeie, voortgesette en strategiese programme van stapel gestuur om landbouproduksie te verbeter.

Hy het vertel hoe dié land se Operasie Maguta steun aan nuut hervestigde boere in die vorm van landbou­produkte gee.

“Command Agriculture is 'n groot sukses. Dit is aanvanklik deur die ­regering van stapel gestuur as 'n ­spesiale program om ingevoerde ­produkte te vervang, en mettertyd het private vennote daarby aangesluit.”

Dienooreenkomstig kon voedsel­tekorte tydens die reënseisoene van 2016 en 2017 oraloor Zimbabwe uitgeskakel word én ons het oorproduksie van mielies, koring en soja gehad.

“Dit het die land op 'n positiewe trajek geplaas om weer sy status as die broodmandjie van Afrika te herwin – iets wat die regering as aanduiding van 'n suksesvolle hervestigingsprogram beskou.

“Derdens het Zimbabwe ook 'n presidensiële insetondersteuningsprogram, waarmee 1,6 miljoen huishoudings van kleinskaalboere met landbou-insette ondersteun word,” het Shiri gesê.



KUBA: ONTEIENING EN ­ONDERVERDELING

Kuba se mnr. Eddy Soccer, van hul ­ministerie van landbou, het vertel van Kuba se grondhervormingsproses, waarin Che Guevara 'n sentrale rol as die minister van nywerhede gespeel het.

Hiervolgens is Kubaanse landbouhervormingswette geïmplementeer sodat groot stukke grond in kleiner stukke opgedeel word en herverdeel word tussen kleinboere, koöperasies en die staat. Hierdie wette is tussen 1959 en 1963 ná die Kubaanse revolusie geïmplementeer.

Guevara was verantwoordelik vir die opstel en instel van die landbouhervormingswet, waarvolgens die ­maksimum toelaatbare grootte van plase in Kuba na 13 vierkante kilometer verklein is en ander eiendom na vier vierkante ­kilometer.

Die regering het, in gevalle waar enig­iemand meer grond as dít besit het, die grond onteien en tussen kleinboere ­herverdeel in groottes van sowat 271 vierkante meter, of die grond as staatsbeheerde kommunes gehou. Die wet het bepaal suikerplantasies kon nie deur buitelanders besit word nie.

Daar is vir die onteiening van grond vergoed in die vorm van Kubaanse ­valuta-effekte, wat ná 20 jaar teen 'n ­rentekoers van 4,5% uitbetaal sou word. Altesaam 1 942 vierkante kilometer grond is op dié manier van ­Amerikaanse besighede afgeneem.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%