Zim en grond nie op agenda

Namibië vat SADC-leisels

10 August 2018 | Politiek
Denver Kisting



Die adjunkpremier, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het gister bevestig die Zimbabwe-vraagstuk gaan nie tydens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se beraad bespreek word nie.

Dié streekvergadering het gisteroggend in Windhoek afgeskop.

Volgens Nandi-Ndaitwah, ook die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, word politieke aangeleenthede by 'n ander SADC-liggaam, gemoeid met politiek, verdediging en veiligheidsamewerking, bespreek.

Die huidige Windhoek-beraad het nie ten doel om dié sake te pak nie, sê sy.

Eweneens gaan die gronddebakel, wat veral tans in Suid-Afrika woed, ook nie ter sprake kom nie, sê sy.

In aanloop tot die tweede nasionale grondkonferensie in Namibië word allerweë aanvaar die omstrede onteiening sonder vergoeding sal op die agenda wees.



sa posisie nie onder loep

Die Suid-Afrikaanse staatshoof, pres. Cyril Ramaphosa, by wie pres. Hage Geingob as SADC-voorsitter oorneem, is op rekord dat sy land grond sonder om daarvoor te vergoed sal onteien.

Nandi-Ndaitwah se bevestiging gister eggo die standpunt van 'n plaaslike politieke ontleder en regsdosent, prof. Nico Horn.

Horn het die afgelope week by navraag aan Republikein gesê hy twyfel of omstrede brandpunte, wat die streek tans teister, bespreek gaan word.

Nandi-Ndaitwah het gister gesê streekintegrasie en ekonomiese bemagtiging is die kernfokus in die lig van die tema van die 38ste beraad wat met die bevordering van infrastruktuurontwikkeling en jeugbemagtiging verband hou.

Eerskomende naweek kom finansies, beleggings, doeane en nywerheidsontwikkeling, en handel aan die bod.

Hiernaas word die plaaslike en streekmedia ook dié naweek na verwagting op die hoogte gebring van verwikkelinge rondom kos, landbou en natuurlike hulpbronne.

Sondagmiddag word 'n nuuskonferensie luidens die program belê oor politiek, verdediging en veiligheid­samewerking.

Volgens amb. Selma Ashipala-Musavyi, permanente sekretaris van internasionale betrekkinge en samewerking, is daar 'n noue verband tussen infrastruktuurontwikkeling en die bemagtiging van die jeug.

Sy sê dié twee elemente is ook noodsaaklik om die SADC in staat te stel om nywerheidsontwikkeling te dryf.

Sy het dié opmerkings tydens gisteroggend se opening gemaak.

Pres. Hage Geingob het verlede week gesê die jeug suig steeds aan die agterspeen wat werkskepping betref.

Luidens die jongste werkloosheid­syfers staan die land se werkloosheid op 37%, terwyl nagenoeg 40% van die jeug sonder werk sit, het Geingob gesê. Volgens hom hou dié toedrag van sake reuse-uitdagings vir veral beleidmakers in.

Soortgelyk

 

Trane loop oor lusern vir droë Vredeshoop

17 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Toe me. Bella Marais se hart wou breek vir haar ouers, vasgevang in die knelgreep van die droogte op hul plaas Vredeshoop,...

Gewone Zimbabwiërs krepeer

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die hernieude politieke en ekonomiese ellende in Zimbabwe laat die deursneeburger opnuut aan die agterspeen suig.’n Zimbabwiese vrou, wat in Windhoek as...

Woestynleeus oorleef op mariene dieet

17 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Dit het vir die woestynaangepaste leeus in die Skedelkus Nasionale Park 15 jaar gevat om die ryk mariene dieet van hul voorouers...

Weer vir 23 Januarie 2019

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm wees met enkele donderbuie in...

Feestyd-reëns stel teleur

17 ure gelede | Weer

Mariselle Stofberg - Volgens die jongste amptelike reënvalverslag van die ­Namibiese weerkantoor het die ­onderdrukte reënval oor groot dele van die land aanleiding gegee...

Mostert sien rooi

17 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Mnr. Walter (Rooies) Mostert, ’n oudlanddros en bekende in rugbykringe, het gister sy humeur verloor toe hy om kommentaar genader is oor...

Nauyoma ’n ‘politieke vlugteling’

17 ure gelede | Howe

Jemima Beukes - Die aktivis verbonde aan die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR), mnr. Dimbulu­keni Nauyoma, wat Vrydag met die Windhoekse stadspolisie in ­Okuryangava slaags geraak het...

Staatsbegrafnis vir Nambundunga

17 ure gelede | Mense

Die voormalige hoof van die weermag, genl.maj. (afgetree) Peter Nambundunga, sal Saterdag tydens ‘n staatsbegrafnis op Omugulugombashe in die Omusatistreek ter ruste gelê word.Pres. Hage...

Ronaldo up on tax fraud charges

17 ure gelede | Misdaad

Cristiano Ronaldo has arrived in court and is expected to plead guilty to tax fraud. The Juventus forward, who is facing charges stemming from...