ZAR X wag steeds vir handelslisensie
Elvira Wood - Met net meer as drie weke oor voordat die ZAR X beplan om op 1 September as Suid-Afrika se tweede aandelebeurs te begin handel dryf, woed daar nog ’n stryd met die JSE oor sy lisensie.
Die ZAR X het op 27 Maart 2015 aansoek gedoen by die Finansiëlediensteraad (FDR) vir ’n beurslisensie ingevolge afdeling 7 van die Wet op Finansiële Markte 19 van 2012.
Die registrateur van aandeledienste het die aansoek op 3 Julie 2015 gepubliseer waarna die JSE op 30 September 2015 ’n beswaar ingedien het teen die ZAR X se aansoek.
Die registrateur het egter op 31 Maart 2016 erken hy het reeds op 8 Maart 2016 die ZAR X se aansoek voorlopig goedgekeur. Volgens die FDR-appèlraad se dokumentasie is die manier hoe die ZAR X ingelig is oor die toekenning van die voorlopige lisensie só bewoord dat dit wel gesien kan word as ’n finale besluit, waarteen daar dus beswaar gemaak kan word.
Die appèlraad het op 1 Augustus bevind daar is geen voorsiening in die wet vir ’n voorlopige lisensie nie en het opdrag gegee dit moet teruggetrek word.
Die FDR moet nou binne 30 dae van dié uitspraak redes vir sy besluit aan die JSE gee. Die ZAR X het Vrydag in ’n mediaverklaring saamgestem ’n voorlopige lisensie is nie ’n vereiste kragtens die wet nie.
“Ons het voldoen aan alle vereistes van die wet en prosedures en operasionele punte soos later deur die FDR gestel,” sê Geoff Cook, direkteur van die ZAR X.
“Ons is vol vertroue daar is geen gronde vir ’n geldige beswaar teen ’n lisensie nie en is vol vertroue ’n gunstige uitspraak sal binnekort gelewer word,” sê hy.
“Ons beplanning is steeds op koers. Ons moet wag vir die finale besluit van die FDR oor die lisensie soos wat nog altyd die geval was, maar ons verwag binnekort ’n besluit in ooreenstemming met ons beoogde skedule.”
Leanne Parsons, direkteur vir handel- en markdienste van die JSE, het onlangs gesê die JSE is vol vertroue hy kan meeding, gegewe hy doen dit reeds jare lank teen internasionale beurse. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie