Zanu-PF maak skoonskip in Zim
Die regerende Zanu-PF het die meerderheid van setels in die Zimbabwiese parlement verower nadat dié party met 'n groot meerderheid in veral landelike kiesafdelings gewen het, toon amptelike uitslae.
Reuters berig die tafel is gedek vir pres. Emmerson Mnangagwa se oorwinning in dié buurland wat verlede jaar onder die Mugabe diktatoriale juk weggebreek het.
Volgens die verkiesingskommissie het die Zanu-PF 109 setels teenoor die opposisieparty, Movement for Democratic Change
(MDC), se 41 setels verower. Die uitslae in die 58 oorblywende setels is nog nie bekend nie.
Foto: Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie