Zambiërs eet weer (sommige) polonie uit SA
Zambië het sy verbod op verwerkte vleis en suiwelprodukte uit Suid-Afrika gedeeltelik opgehef.
Die verbod is ingestel ná die uitbreking van listeriose in Suid-Afrika. Dit was die ergste listeriose-uitbreking nog.
Toetse op voedsel wat Zambië as ’n risiko beskou, het nie die teenwoordigheid van die bakterieë getoon wat die dodelike uitbreking veroorsaak het nie, het Chitalu Chilufya, die minister van gesondheid, Dinsdag in ’n verklaring gesê.
Die land plaas egter steeds ’n verbod op produkte van Tiger Brands se Enterprise Foods en RCL se Rainbow-handelsnaam.
Suid-Afrikaanse amptenare het verlede week in die parlement gekla onsekerheid oor presies wat die bron van die listeriose-besmetting is, beteken lande verbied voedselprodukte uit Suid-Afrika wat glad nie met die uitbreking verbind kan word nie.
Niki Kruger, hoofdirekteur van handelsonderhandelinge in die departement van handel en nywerheid, het op ’n gesamentlike sitting van die portefeuljekomitees van landbou en gesondheid in die parlement gesê die grootste handelsrisiko wat listeriose inhou, is die persepsies wat oor alle ander Suid-Afrikaanse landbouprodukte ontstaan.
Rwanda het byvoorbeeld ook vrugte en groente uit Suid-Afrika verbied.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het ’n ruk gelede gesê lande moenie weens listeriose handel met Suid-Afrika opskort nie.
“Die WGO beveel nie tans enige handelsverwante maatreëls aan wat verband hou met die uitbreking van listeriose in Suid-Afrika nie, behalwe om die produkte te herroep wat met die oorsprong van die besmetting verbind kan word,” lui die verklaring.
Botswana, Namibië, Malawi en Mosambiek het ook begin verlede maand die invoer van verwerkte vleisprodukte uit Suid-Afrika opgeskort nadat die uitbreking van listeriose met Tiger Brands se Enterprise-fabriek in Polokwane verbind is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie