Zambezi-vroue breek kultuurkettings

Skadelike kulturele praktyke gepak

18 October 2019 | Plaaslik
Francoise Steynberg - Vroue in die Zambezistreek is besig om in opstand te kom teen skadelike kulturele praktyke.

Dit sluit in vroeë en gedwonge huwelike, poligamie, seksuele inlywing en gereedmaking, verkragting, droë seks, en vele meer.

Volgens me. Mimi Mwiya van die Women’s Leadership Centre (WLC) het dié organisasie wat vir vroueregte veg vandeesweek by die kantoor van die eerste dame, die ministerie van onderwys en kultuur, en die kantoor van die ombudsman besoek afgelê om hul stryd teen skadelike kulturele praktyke te bespreek, wat veral vroue in die Zambezistreek raak.

WLC is in 2005 gestig en fokus op die ontwikkeling van vroueleierskap op nasionale en streekvlak deur die Zambezi vir Vroueregte-program (ZWR).

“Skadelike kulturele praktyke stel vroue en meisies bloot aan alle vorms van geweld, asook die hoë risiko van MIV/vigs. Sedert 2005 het jong vroue die stilte en taboes oor die baie skadelike kulturele praktyke begin verbreek," sê Mwiya.

“Deur navorsing het jong vroue die skakel tussen kultuur, geweld en MIV/vigs krities begin analiseer,” sê sy.

Mwiya sê die afgelope 10 jaar het statistieke van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste getoon byna 50% van swanger vroue tussen 25 en 49 wat op Katima Mulilo getoets is, het MIV/vigs.

“Dit is dubbel die nasionale gemiddeld. Die vigskoers onder meisies en vroue tussen 15 en 24 is 25% – drie keer die nasionale gemiddeld."

Daarom sê Mwyia werk die WLC die afgelope 10 jaar met jong vroue van verskillende nedersettings in die Zambezistreek om hul dogters, niggies en kleindogters teen die “kringloop van geweld” te beskerm.

“Sodra die vroue hul menseregte verstaan – veral die reg van vroue en meisies om teen alle vorms van geweld beskerm te word – word hulle bemagtig, ondersteun hulle mekaar en staan hulle as groep op,” sê Mwiya.

“Vroue praat nou en verbreek die stilte oor dié wanpraktyke.”

Mwiya sê die praktyke behels onder meer die voorbereiding van meisies en vroue se liggame vir mans se plesier, byvoorbeeld die verlenging van die labia minora, seksuele gereedsheidstoetse deur manlike famillielede tydens inwyding om “’n goeie vrou” te wees (’n kultureel aanvaarbare vorm van verkragting), droë seks en skending.

“Dit stel vroue en meisies bloot aan pyn, vernedering en MIV/vigs. Gewelddadige inwydingspraktyke sluit fisieke en emosionele mishandeling in wat vroue en skoondogters vir onderdanigheid voorberei,” verduidelik Mwiya.

“Hulle moet vroeë en gedwonge huwelike, poligamie en lobola aanvaar, asook om met niks uit ’n egskeiding te stap. Weduwees moet ná die afsterwe van hul mans gereinig word – dikwels deur seksuele omgang.”

SLYPSKOLE

Die ZWR het in September ’n vier dae lange slypskool op Katima Mulilo aangebied om 20 nuwe gemeenskapsfasiliteerders uit 10 nedersettings op te lei wat die vier tradisionele owerhede van die Zambezistreek verteenwoordig.

“Hulle sal as kampvegters na hul nedersettings teruggaan om skadelike kulturele praktykte in die gemeenskappe te voorkom,” sê Mwiya.

- [email protected]

Soortgelyk

 

50 nuwe Covid-19-gevalle, 32 in Windhoek

14 ure gelede | Gesondheid

Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sê 50 nuwe gevalle van Covid-19 is in die land aangekondig....

Bykans N$1 miljoen se dwelms in Julie gekonfiskeer

1 dag gelede | Misdaad

Die Namibiese polisie het tussen 1 en 31 Julie dwelms ter waarde van altesaam N$958 390 gekonfiskeer en 97 verdagtes in hegtenis geneem. Daar is...

Mariental se skaapabattoir sluit deure

1 dag gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die Farmer’s Meat Market abattoir op Mariental (FMM), wat deur Hartlief besit word, sal op 31 Augustus sy deure sluit.Die Hartlief-groep se...

Vandag se Covid-19-data

1 dag gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir gister, soos vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula.

Diewe vort met N$1 miljoen uit Swakopmund-huis

1 dag gelede | Misdaad

Die Namibiese polisie sê verdagtes het gisteroggend ‘n kluis met N$1 miljoen daarbinne uit ‘n sakevrou se huis in Swakopmund gesteel. Volgens die polisie het...

Nog 'n sterfte, 150 nuwe Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 84-jarige vrou van Windhoek wat vir 'n operasie in 'n plaaslike hospitaal opgeneem...

Nog 'n sterfte, 150 nuwe Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 84-jarige vrou van Windhoek wat vir 'n operasie in 'n plaaslike hospitaal opgeneem...

Covid-sterftes styg tot 15

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDrie Covid-19-verwante sterftes is gister in die Erongostreek aangemeld en wel twee op Walvisbaai en een in Swakopmund. Die bring die nasionale totaal op...

Libanees in Namibië rou oor geliefde Beiroet

2 dae gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer – Was dit nie vir ’n reis na Khartoum sowat 60 km suid van Beiroet vir die viering van die Moslem-fees Eid-oel-Adha nie,...