Zambezi-ses vir eers vry
Die polisie beplan nie om dieselfde pad te stap as met die uitgetrekte 1999-hoogverraadondersoek nie, het hulle gesê.
Denver Kisting – Die polisie in die Zambezistreek is oortuig ses mans wat glo opnuut planne in die mou voer om dié streek van die res van Namibië af te stig, sal nie op die vlug slaan of met die polisieondersoek inmeng nie.
Só sê die koördineerder van misdaadondersoeke in die streek, adj.komm. Evans Simasiku, oor hoekom die mans Donderdagmiddag vrygelaat is.
Vyf van dié mans is verlede Sondagoggend buite Katima Mulilo in boeie geslaan toe die polisie ’n klopjag uitgevoer het op ’n vergadering waarmee hulle besig was.
’n Ander beskuldigde is later dié dag aangekeer.
Hulle is Dinsdagmiddag voor die landdroshof op Katima Mulilo gedaag op klagte van sameswering om hoogverraad te pleeg, aanhitsing tot openbare geweld, oortredings van die Grondwet en dat hulle glo polisielede verhinder het om hul werk te doen.
Op versoek van die staat het landdros Boyd Namushinga Dinsdag borgtog teengestaan en gelas die mans moet in die polisieselle op Katima Mulilo aangehou word.
In ’n verrassende wending het hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, Vrydag onthul die mans is Donderdagmiddag vrygelaat.
Volgens haar is die doel hiervan om die polisie in staat te stel om die ondersoek na die beweerde hoogverraad af te handel sonder om die regte van die beskuldigdes onnodig op te skort deur hulle tot dan aan te hou.
By navraag het Simasiku aan Republikein gesê die ondersoek is baie ingewikkeld en dit is onseker hoe lank dit sal duur.
Die polisie wil nie hê die beskuldigdes moet in aanhouding bly in die lig van moontlike herhaaldelike uitstelle weens die voortslepende ondersoek nie, het hy gesê.
Omdat hulle nie bang is dat dié lede van die Caprivi Concerned Group (CCG) sal vlug nie of met die ondersoek sal inmeng nie, is daar besluit om hulle vry te laat en die saak voorwaardelik teen hulle terug te trek.
Simasiku het voorts gesê dit is te vroeg om te sê hoe lank die ondersoek sal duur.
Die nuus kom ’n dag nadat die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, self die streek besoek het om hom te vergewis van die situasie.
Ndeitunga het tydens ’n vergadering met polisielede van die streek uitgevaar teen diegene wat glo kop in een mus is met die vermeende afstigters.
In ’n nuusbulletin op NBC, wat verlede Donderdagaand en Vrydagoggend uitgesaai is, het Ndeitunga van sy lede daarvan beskuldig dat hulle selfone aan die CCG in aanhouding verskaf sodat hulle in verbinding kan bly met mnr. Mishake Muyongo, die beleërde leier van ’n beweging wat tydens 1999 ’n gewelddadige aanval in dié streek gelei het.
Ndeitunga het verlede week gewaarsku die polisie sal nie planne van vermeende afstigters duld nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie