Zambezi lig beperkings vir bek-en-klouseer
Geen nuwe geval vanjaar
Elvira Hattingh – Ná die suksesvolle bekamping van ’n uitbreking van bek-en-klouseer in die Zambezistreek se Kabbe Noord-kiesafdeling, is beperkings nou eindelik gelig.
Die direktoraat van veeartsenydienste (DVS), ’n afdeling van die ministerie van landbou, water en bosbou, het die aangekondiging verlede week gedoen.
Dit volg nadat die uitbreking in Augustus verlede jaar onder beeste voorgekom het.
“Meer as 96% van die beeste in die gebied is intussen suksesvol teen bek-en-klouseer ingeënt.
“Alle aanduidings is dat die bek-en-klouseer-uitbreking suksesvol bekamp is, daarom die besluit om die beperkings te lig,” het dr. Albertina Shilongo, veeartsenyhoof by die ministerie, gesê.
“Die laaste bevestigde geval van bek-en-klouseer in dié kiesafdeling het op 13 Desember 2019 voorgekom. Ingevolge Namibië se gebeurlikheidsplan vir bek-en-klouseer word inperkings gelig drie maande nadat die laaste bevestigde geval in ’n gebied voorgekom het,” het Shilongo gesê
Sy sê die reaksie op die uitbreking het hoofsaaklik ’n massa-inentingsveldtog van beeste in die geraakte gebied behels, asook dat die gebied in sones ingedeel word. Terselfdertyd is vee se beweging beheer.
Daar was ook veldtogte vir die skep van bewustheid onder boere en stappe is gedoen vir groter waarneming van siekte onder vee.
Toe veeartsenydienste die uitbreking op 13 Augustus 2019 by die Sigwe-nedersetting bevestig het, het sowat 50 beeste tekens van die siekte getoon.
Sigwe is in die oostelike vloedvlaktes van die Zambezi-gebied, sowat 90 km oos van Katima Mulilo en binne Namibië se sone wat met bek-en-klouseer besmet is.
Beheermaatreëls wat toe afgekondig is, sluit in dat geen diere met gesplete hoewe in of uit die Zambezistreek kon beweeg nie en alle vervoerpermitte vir beeste, skape, bokke en varke is opgeskort, terwyl velle, trofeë, gras, vrugte en ander plantmateriaal ook nie uit die streek vervoer kon word nie.
Padblokkades is opgerig en ondersoeke na die omvang van die uitbreking is van stapel gestuur.
Bek-en-klouseer het in Mei 2015 vir die eerste keer in dekades in die sentraal-noordelike streke van Namibië uitgebreek. Die oorsprong was buffels wat van nature in dié gebied voorkom en as draers van die virus bekend is.
Dit het gebeur net nadat Namibië die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) genader het om die gebied noord van die veterinêre kordonheining vry van bek-en-klouseer te verklaar.
Namibië kan glo heelwat meer beesvleis vir internasionale markte produseer, sou produsente noord van die veterinêre kordonheining by uitvoermarkte ingesluit word.
Die bedreiging van bek-en-klouseer in die noordelike kommunale gebiede het dít tot dusver verhinder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie