Ysters afwesig, maar Europese toer bied gulde geleenthede
Om verskeie redes is plaaslike spelers sterk verteenwoordig en kan hulle afrigter Phil Davies se oog vang in die komende uitdaging.
Andrew Poolman - 'n Geharde kern sal veral voorlangs afwesig wees wanneer Namibië volgende maand sy rugbytoer aanpak om drie Europese nasies die stryd aan te sê.
Afrigter Phil Davies se uitsoekgroep speel op 10 November teen Rusland in Sochi, 'n week later teen Spanje in Madrid en op 24 November teen Portugal in Lissabon.
Hoewel Novembermaand 'n venterperiode vir toetsrugby is waarin nasionale spanne die eerste prioriteit het op hul spelers wat oorsee gekontrakteer is, het Namibië nie 'n uitermate voorskriftelike houding hieroor ingeneem nie.
In die opbou na die 2019 Wêreldbeker in Japan, was die nasionale afrigterspan duidelik toeskietlik sover dit spelers betref wat reeds gedurende November beroepsrugby op 'n hoë vlak speel. Terselfdertyd word gulde geleenthede gebied aan plaaslike spelers wat reeds heel jaar deel van die hoëprestasieprogram uitmaak, om met goeie vertonings hul hand voor die Wêreldbekerjaar op te steek.
Davies het gister aan die koerant gesê: “Ons het die beste beskikbare groep vir die toer aangewys. Ons het oor die laaste drie-en-'n-half jaar kombinasies blootgestel en ek is meer as tevrede dat ons ons in 'n gesonde posisie bevind.
“Wanneer jy met spelers werk wat professionele kontrakte het, is dit raadsaam om goeie verhoudinge te handhaaf om die belange van die speler, die land én die klub oor die lang termyn in ag te neem. 'n Paar topspelers kon om verskeie redes nie gekies word nie, insluitend eksamens, beserings en persoonlike redes.”
Davies het erken dat die kansellering van die Welwitschias se aanslag op die Curriebeker eerste liga “definitief” 'n terugslag in die voorbereiding op die toer was.
Namibië, tans 22ste op die wêreldranglys, se jong groep staan voor 'n gróót uitdaging om dié posisie te verbeter deur oorwinnings in die vreemde teen Lyn Jones se Rusland (19de), Spanje (20ste) en Portugal (24ste) te behaal.
“Ons doen 'n ontsaglike hoeveelheid beplanningswerk vir 2019 wat potensiële oefenkampe en wedstryde insluit. Ons het groot vertroue dat die span in 'n sterk posisie sal wees wanneer die Wêreldbeker aanbreek.
“Ons voer ons hoëprestasieprogram met die bystand van Wêreldrugby uit en as spelers, afrigters en personeel sedert die vorige Wêreldbeker hoop ons dat ons kan voortgaan om alle Namibiese mense trots op hul rugbyspan te maak,” sê Davies.
Van die groot name wat afwesig sal wees, sluit in die voorspelers Aranos Coetzee (stut), Torsten van Jaarsveld en Louis van der Westhuizen (hakers), Johan Retief (slot), PJ van Lill, Janco Venter en Wian Conradie (losvoorspelers) asook die agterspelers Lesley Klim (vleuel) en Divan Rossouw (heelagter).
Spelers wat tans op die krukkelys of met rehabilitasie besig is, sluit in Eugene Jantjies (skrumskakel), die vleuels Gino Wilson en David Philander en die losvoorspelers Leneve Damens en Christo van der Merwe.
NET DRIE GROENTJIES
Die diepte wat die afgelope seisoene opgebou is en waarvan Davies melding maak, word daarin weerspieël dat net drie toerlede nog nie toetsrugby gespeel het nie. Hulle is die vleuel Janry du Toit, skrumskakel Wihan von Wielligh en heelagter Chad Plato, wat onderskeidelik in 2016, 2017 en vanjaar as lede van die nasionale o.20's uitgeblink het.
'n Opvallende insluiting is dié van Renaldo Bothma, wat die afgelope twee jaar erg onder beserings deurgeloop het en dus lank laas deel van die nasionale opset was. Hy is egter die afgelope weke konstant vir sy Engelse premierligaklub Harlequins in aksie en sal baie selfvertroue kan herwin met goeie vertonings vir Namibië.
Die Namibië Rugbymaatskappy het gister in sy nuusverklaring ook onthul dat onderhandelinge om op 21 Oktober 'n toets teen Kenia in Nairobi gaan speel, opnuut aan die gang is. Die wedstryd was onlangs basies van die baan, maar Wêreldrugby is klaarblyklik ernstig om Kenia te help met wedstrydtyd voor die bepalende repechagetoernooi volgende maand in Frankryk, waar een land (Kenia, Kanada, Duitsland of Hongkong) die 20ste en finale kwalifiseerder vir die 2019 Wêreldbeker sal word.
Die toergroep:
Stutte: André Rademeyer (Maties), Casper Viviers (Suresnes, Frankryk), Desiderius Sethie (FNB Unam), Nelius Theron (Pukke), AJ de Klerk (FNB Wanderers).
Hakers: Obert Nortjé (Unam), Niël van Vuuren (Trustco United).
Slotte: Tjiuee Uanivi (London Scottish), Mahepisa Tjeriko (Unam), Ruan Ludick (Wanderers).
Losvoorspelers: Thomasau Forbes (FNB Western Suburbs), Max Katjijeko (Luctonians, Engeland), Renaldo Bothma (Harlequins, Engeland), Adriaan Booysen (Wanderers), Rohan Kitshoff (Wanderers).
Skrumskakels: Damian Stevens (Griekwas), Wihan von Wielligh (Luiperds o.21).
Losskakels: Cliven Loubser (Tuks), PW Steenkamp (Universiteit Johannesburg), TC Kisting (Luctonians, Engeland).
Senters: Johan Deysel (kaptein, Colomiers, Frankryk), Darryl de la Harpe (Western Suburbs), JC Greyling (Wanderers).
Vleuels en heelagters: Janry du Toit (Wanderers), Johann Tromp (Wanderers), Chrysander Botha (Kudus), Chad Plato (Blou Bulle o.21), Justin Newman (Luiperds).
Die nie-reisende spelers op bystand is Roderique Victor, Carl-William Freygang, Cameron Langenhoven, Thomas Kali, Prince !Gaoseb, Adriaan Ludick, JC Winkler, Riaan van Zyl, Mahco Prinsloo en Henrique Olivier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie