Ysige rypweer vir môre voorspel
Elvira Hattingh - Die Namibiese weerkantoor sê môre sal ysige toestande oor sekere dele van die land heers, met minimum temperature wat tot by of onder vriespunt op plekke soos Windhoek, Karasburg, Gobabis, Aranos en Mariental sal daal.
Die binneland sal gedeeltelik bewolk en koud tot baie koud wees, met ryp wat in sommige dele verwag word.
Daarteenoor sal dit matig tot warm in die noorde van die land wees. Aan die kus word gedeeltelike bewolkte en koue weer verwag, met enkele reënbuie in die verre suide.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie