YouTube-ster oorleef al agt rondes teen Mayweather
Boks
Logan Paul het dit deur die volle agt rondes van sy winsgewende vertoonwedstryd teen Floyd Mayweather in Miami oorleef.
Die YouTube-ster was grootliks aan die ontvangkant teen die vyfmalige wêreldkampioen in Sondagaand se stryd in die Hard Rock-stadion, maar die amptelike reëls het gestipuleer dat geen uitslag verklaar sou word indien dié geveg die volle agt rondes sou duur nie.
Net ’n uitklophou sou ’n wenner bepaal.
Daar was nie eens beoordelaars nie en die boksers hoef ook nie kopskerms te gedra het nie.
Die eerste ronde van die geveg was maar ’n saai affêre voordat dit geëindig het met Paul wat laat met ’n aanslag vorendag gekom het. Mayweather het hom nie veel daaraan gesteur nie.
In die tweede ronde het die bokslegende sy tyd geneem voordat hy ’n sterk linkerhaakhou in die derde ronde geplant het. Tot in daardie stadium was dit die enigste werklike bietjie opwinding.
In die vierde ronde kon duidelik gesien word dat Paul se gô uit is, terwyl Mayweather al hoe meer ontspanne oorgekom het.
Hy het ’n tweede kragtige linkerhaakhou in die vyfde ronde uitgedeel, met die voormalige Olimpiër wat daarna sy teenstander met ’n gesighou getref het.
Met nege minute oor aan die begin van die sesde ronde wou Mayweather hê dat die kragmeting kortgeknip word, maar Paul het vasgebyt.
Tog kon Mayweather, wat nou al 44 is, nie daarin slaag om Paul uit te slaan nie, hoewel hy alles in die stryd gewerp het.
Paul se veel groter figuur en gewigsvoordeel (86 kg teen 70.3 kg) het hom waarskynlik baie gehelp om in die geveg staande te bly en te volhard.
Hy kon eindelik sy kop omhoog hou nadat hy die geveg oorleef het teen Mayweather, wat in 2017 met ’n perfekte 50-0-rekord agter sy naam uitgetree het.
– Netwerk24
FOTO’s Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie