Yasmeen (78*) lei span na finaal in Kigali

11 June 2021 | Sport
Die Capricorn Namibiese vrouespan het opnuut gewys dat genoeg skietgoed beslis beskikbaar is om Saterdag met Namibië se debuutverskyning by die Kwibuka T20-toernooi as kampioenspan uit die stryd te tree.
In Rwanda se hoofstad Kigali is kolwer nommer drie Yasmeen Khan as die speler van die wedstryd aangewys toe die onoorwonne Eagles-vrouespan Vrydag vir Nigerië in die semifinaal met 91 lopies oordonder het.
Khan het op 14/1 ná 3.3 boulbeurte ingestap, toe Suné Wittmann met haar agtste bal vir net 6 uitgeboul is. Khan het haar egter ingegrawe en ’n puik onoorwonne vyftigtal behaal (78* van net 53 balle) en het ses viere en twee sesse geslaan.
Sy het haar vyftigtal op die telbord geplaas toe sy met haar 42ste bal die eerste van haar twee sesse gemoker het.
Wittmann het vroeër in die toernooi die Namibiese vroue se individuele T20-kolfrekord met 93 nie uit nie opgestel, maar die res van die kolwers het gewys dat die Eagles gewis meer diepte as bloot een of twee enkelinge het.
Adri van der Merwe (28 van 35 balle, geen grenshoue) en later Kayleen Green (29 van 25 balle, 4x4) het hulle ook as kolwers laat geld.
Nigerië, wie se enigste oorwinning in die toernooi teen die wenlose Botswana behaal is, kon in sy kolfbeurt net met 65/8 antwoord.
Twee Nigeriërs is uitgehardloop, terwyl Sylvia Shihepo (2/12 in 4 boulbeurte) en Victoria Hamunyela (2/16 in 4) ook toegslaan het.
Kayleen Green was in haar vier boulbeurte bykans onspeelbaar en het net vyf lopies afgestaan (een leeg), terwl die Namibiese kaptein, Irené van Zyl, 1/14 in 3 bb geneem het.

Soortgelyk

 

27 sterftes, 1 403 nuwe gevalle

17 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met 27 - tien in Windhoek, drie elk in onderskeidelik Oshakati en Onandjokwe, twee elk in onderskeidelik Okahandja, Tsumeb en Rehoboth en...

27 sterftes, 1 649 nuwe gevalle

23 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skiet met nog 27 - nege in Rehoboth, agt in Windhoek, drie in Keetmanshoop, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Karasburg,...

Mental well-being suits us all

2 dae gelede | Mense

DR JOHN STEYTLERMental health is a subject which we are only starting to scratch the surface of in Namibia and it is not talked about...

Diva of finesse and fitness

2 dae gelede | Mense

Jeanette DiergaardtLiezel Ndjaronguru, a 32-year-old businesswoman, allows fitness enthusiasts to bring their best attitude to the table when working out. In 2013 the owner of...

Bonifatius Kantori Paulino is the Managing Director at Alexander...

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Since Paulino joined Alexander Forbes, he spent some time to familiarise himself with the areas of responsibility of the position of...

Streng vereistes vir gebruik van blitstoetse

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het opgedateerde regulasievereistes vir die verkoop, verspreiding en gebruik van antigen-blitstoetse vrygestel.Die NMRC sê antigeen diagnostiese blitstoetse (Ag-RDT’s)...

Sterftes neem sesvoudig toe

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Covid-sterftes vir Namibië het bykans sesvoudig die afgelope ses maande toegeneem – vanaf 16 sterftes per week in Desember verlede jaar...

'Woestynpsalm' nou in pylvak

2 dae gelede | Byvoegsels

Bosman Films, 'n jong produksiemaatskappy in die Namibiese filmbedryf, het opgewonde aangekondig dat produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, onlangs afgehandel is. Woestynpsalm is 'n...

High-flyer Samantha Geyser soared to customer service executive at...

2 dae gelede | Mense

Staff reporterSamantha Geyser dreamed of becoming a pilot when she was a young girl. She admired Amelia Earhart for her achievement of being the first...