Xie kap terug oor 'diskriminasie'
Xie kap terug oor 'diskriminasie'

Xie kap terug oor 'diskriminasie'

Die sakeman sê as 'n Namibiese burger het hy vir 'n simboliese betaling van N$1 per jaar sy dienste aangebied, maar op grond van sy velkleur word teen hom gediskrimineer.
Kenya Kambowe
Kenya Kambowe op Rundu – Die Chinees gebore sakeman mnr. Charlie Min Xie, 'n Namibiese burger vir die afgelope 15 jaar, sê dit was onregverdig en rassisties dat sy aanstelling as die eksklusiewe adviseur van die ­Kavango-Oos se streeksgoewerneur, mnr. Bonifatius Wakudumo, herroep is.

Wakudumo het Xie in Desember as een van sy 20 adviseurs aangestel om leiding aan hom oor ontwikkelingskwessies in dié streek te gee.

Xie se aanstelling het tot openbare verset en 'n protesoptog op 28 Desember op Rundu gelei, en Wakudumo het 'n ommeswaai op sy besluit gemaak.

Xie, eienaar van Kingsway Group Holdings wat in finansiële en eiendomsmarkte handel dryf, was veronderstel om tot Maart 2024 deel van die adviseursgroep te wees.



N$1-KONSULTASIEFOOI

Xie sê hy sou slegs N$1 per jaar vir sy dienste as adviseur aan Wakudumo betaal word.

“As die mense wat die dokument [oor sy aanstelling] uitgelap het, bloot die hele dokument gedeel het, sou die publiek my rolle en verantwoordelikhede gesien het en dat ek my dienste gratis aangebied het. Ek sou slegs N$1 per jaar betaal word. Ek wonder waarom hulle slegs die eerste en laaste bladsy gedeel het,” het Xie gesê.



'EK IS 'n BURGER'

Xie beskryf die vyandige manier hoe hy as adviseur verwyder is, as “onregverdig en teleurstellend”.

Hy het in 1995 na Namibië getrek om sy immigrasiekwessies in Suid-Afrika uit te klaar, waarheen hy aanvanklik vanaf China gemigreer het.

Hy sê hy bly sedertdien in Namibië en het in 2006 Namibiese burgerskap gekry. Sy 24-jarige seun is in Namibië gebore, het Xie bygevoeg.

Hy dring daarop aan dat hy 'n Namibiër is en nie as 'n Chinees gesien moet word nie.

Xie bevraagteken hoekom soveel mense in Namibië die rassekaart speel en teen hulp van buitelandse burgers gekant is.

“Eerstens, ek is in China gebore, maar ek is sedert 2006 'n Namibiese burger nadat ek in 1995 Namibië toe gekom het. Ek het bewyse van alles,” het Xie gesê.

“Ek kan nie sê dit is rassediskriminasie nie, maar van my kant af dink ek so. Wat van die Indiërs en die witmense? Ons is almal Namibiërs wat saam leef, so waarom net diegene teiken wat in China gebore is?” vra hy.

“Daar is so baie wat in Europa gebore is, maar hulle is Namibiërs. Ek is baie teleurgesteld dat ons ná 30 jaar van onafhanklikheid nog nie geleer het om saam te werk nie.

“Eintlik is ek lief vir hierdie land; die mense is so gaaf. So, ek bly hier en dit is my land,” het Xie bygevoeg.

Xie het gesê hy het nie verwag dat die publiek só op sy aanstelling sou reageer nie.

“Ons wou 'n model skep en buitelandse beleggers lok om te help met ontwikkeling in die land, maar mense het begin om nonsens op te maak dat ons by 'n ooreenkoms sou baat, korrupsie en dat ek 'n Chinees is of wat ook al. Ek dink dit is baie onregverdig,” het hy gesê.



BANDE MET STINA WU

Xie is 'n sakevennoot van die Helmsman Group, 'n maatskappy van die eiendomsmagnaat me. Stina Wu.

Xie bestuur deur sy maatskappy, Kingsway Group Holdings, twee van Wu se winkelsentrums, naamlik die Galaxy-inkoopsentrum op Rundu en Fujian City in Windhoek.

Wu wag tans op die regering se beslissing of sy meer as 80 hektaar grond by Divundu kan kry wat vir haar teen afslag van N$20 miljoen aangebied is.

Sommiges meen Xie se aanstelling as adviseur van Wakudumo sou die transaksie ongehinderd laat deurgaan het, ondanks veel teenkanting verlede jaar.

“Ek sou eintlik net 'n adviseur wees en kan nie enige besluite maak nie,” het Xie verduidelik.

“Ek werk ook nie alleen nie. Daar is 20 lede op die komitee, so ons wou net ons professionele ondervinding en agtergrond van Singapoer en die Midde-Ooste gebruik het.

“Dit het niks met tenders te doen nie. Ek het nie die reg of die mag nie, maar word 'n Chinees genoem. Ek is baie teleurgestel,” het Xie gesê

Hy het bygevoeg een van die verantwoordelikhede van 'n adviseur is om te kyk na die kwessies van water- en behuisingsvoorsiening en werkskepping.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.38 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.38 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 358.94/OZ UP +0.88% | Copper US$ 4.85/lb UP +2.08% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.85/BBP DOWN -0.0119 | Platinum US$ 1 035.08/OZ UP +3.37% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.38 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.38 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 358.94/OZ UP +0.88% | Copper US$ 4.85/lb UP +2.08% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.85/BBP DOWN -0.0119 | Platinum US$ 1 035.08/OZ UP +3.37%