Xavier, Michelle blink uit by Klein-Aus Vista

Die junior Schalk van der Merwe het sy naam laat inskryf teen Costa's Climb.
Die agtste jaarlikse Standard Bank Klein-Aus Vista MTB-uitdaging is laas naweek in die omgewing van Aus in die verre suidweste van Namibië aangebied.

Die skofresies wat oor drie dae strek, is die enigste van sy soort op die Namibiese fietsrykalender. Deelnemers het soos gewoonlik die roetes in die skilderagtige, kronkelende Ausberge met sy pragtige uitsigte oor die Namibwoestynvlaktes (die gebied waar die wilde perde hulle bevind) terdeë geniet.

Die roetes volg groot gedeeltes van die geskiedkundige Ossewa transportroetes wat uit die laat 19de eeu dateer.

Sowat 65 persent van die resies vir beide die half en vol marathon vind op 'n enkelspoorroete plaasvind, met uitdagende op- en afdraandes wat vir baie opwinding gesorg het. Veral die steilte “Costa's Climb”, 'n twee kilometer lange bergklim met 220 meter hoogteverskil en gradiënte tot 30 grade was vir seker 'n toets vir elke deelnemer in die vol marathon se fietsryvaardigheid en uithouvermoë.

Die resies het Donderdag om 15:00 begin met 'n tydtoets wat net vir die vol marathon deelnemers van toepassing was. Die 12 km tegniese roete met 380 meter hoogteverskil het behoorlik die ryers se tegniek en fiksheid getoets. Danzel de Koe het met 'n tyd van 38:39, slegs een minuut 16 sekondes voor Xavier Papo geëindig met die Olimpiese ryer Michelle Vorster die voorste vrou in 'n tyd van 46:39 wat ses minute vinniger was as Hannelie Booysen, 'n tweemalige wenner van die Absa Cape Epic.

Op dag 2 tydens die vol marathon afstand van 60 km was daar 'n titaniese stryd aan die voorpunt tussen De Koe en Papo en op kilometer 42 kon nie een van die twee die kruin van Costa's Climb bemeester sonder om van die fiets af te klim nie.

Papo was wel die vinnigste oor dié 2 km afstand en het dit afgelê in 12 minute 47 sekondes om die prysgeld van N$2 500, geborg deur Candor IT, te verower.

Die junior ryer Schalk van der Merwe het die groter name die loef afgesteek en sy naam langs wyle Raul Costa Seibeb afgemerk as die tweede persoon in 'n resies wat dié bomens­like klim kon bemeester.

Papo was die wenner van dag 2 en was net-net voor De Koe met 1 minuut 27 sekondes.

Vorster was veels te sterk vir Booysen in die vroueresies se tweede skof.

Op dag 3 moes die ryers rekening hou met die 2 km afdraand genaamd “The Wall” en die voorste jaers het teen 'n verbysterende spoed afgeseil teen die steiltes met die voorste drie ryers net enkele sekondes uit mekaar.

Danzel de Koe was dié keer die wenner en het met die trofee as Sweepslang van die Berge weggery wat ook met N$2 500 prysgeld Electro Blitz beloon is.

As die algehele wenner ná die drie dae was Xavier Papo te sterk vir De Koe, met Christo Swartz (subveteraan) in die derde plek. Vorster was eerste van die vroue met Booysen tweede en Ester Lategan derde.

Die halfmarathon item van 66 km oor twee dae is deur die junior ryer Anton Englin en Samantha Oosthuyzen as vrouewenner ingepalm.

Die wenner vir die Aus ontwikkelingsryers in die halfmarathon is deur Denis Gerson gewen. Sy prysgeld is ook deur Standard Bank Namibia geborg.

'n Verskeidenheid pryse was deurentyd op die spel in die verskillende kategorieë oor die drie dae, met groot lof aan die borge wat mildelik bygedra het.

Die titelborg Standard Bank Namibia het alle kontantpryse vir die verskillende kategoriewenners geborg; Maerua & The Grove Super Spar met koopbewyse op die tweede dag en Beyerskloof Landgoed met magnum bottels wyne aan die ver­skillende kategorieë op dag 3.

Gondwana Collection was die borg vir N$10 000 elk vir die victor en victrix ludorum en het ook gesorg vir video- en foto-opnames wat beskikbaar gaan wees op Facebook, YouTube en webblaaie.

Electro Blitz en Candor IT het die pryse geborg vir die Costa's Climb en die Sweepslang prys vir die vinnigste afdraand teen “The Wall”.

Die Namibië Brouerye het tente, tafels en bankies verskaf en Cycledelic Consulting het die fietswiele aan die rol gehou met vinnige herstelwerk.

Die organiseerder Piet Swiegers het sy lof uitgespreek aan al die borge, veral Standard Bank Namibia wat die byeenkoms lojaal vir sewe jaar as titelborg ondersteun het.

Swiegers het die ryers bedank vir hul deelname en het aangedui dat die resies eers weer in 2020 aangebied sal word in 'n nuwe formaat met nog meer interessante roetes.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%