Wysig die wet weer
Dit is algemeen bekend dat die viswet wat verander is deur die omstrede destydse minister van visserye, Bernard Esau, aan hom absolute mag gegee het betreffende die daarstelling van regte vir visvang en kwotatoekennings.
Die nuwe wet het 'n vakuum geskep en gelei tot 'n gebrek aan deursigtigheid. Dit het ook die ruimte, die skuiwergate, vir die Fishrot-sage gelaat.
Ek is “geworried”, want ek het besef dat die leemte wat geskep is nog steeds in plek bly.
Dit lyk vir my asof daar geen poging van die kant van die regering of die ministerie as toesighouer van die wet is om dit te wysig sodat verantwoordelikheid en deursigtigheid oor die regte vir visvang en kwotatoekennings verseker word nie.
Ek wonder hoekom word dieselfde omstandighede wat gelei en bygedra het tot die Fishrot-skandaal, steeds toegepas ten opsigte van die toekenning van viskwotas en regte vir visvang?
Vir my is die werklike kwessie nie Samherji as 'n buitelandse vaartuigoperateur wat kanse kom vat het met ons visbron nie.
Dit kon enige operateur gewees het wat in so 'n strik kom val het, aangesien die wet die voormalige minister bemagtig het om die proses van kwotatoekennings te gebruik soos hy wil.
Sou hierdie situasie ontstaan het indien ons die vorige “weggegooide” wet nog in plek gehad het, wonder ek?
Hoekom bly hierdie gewysigde, goedgekeurde en aangenome wet deur die kabinet, net soos dit is en hoekom bly dit nog steeds in werking tot vandag toe?
Die waarnemende minister, wat nou die minister is, het in 2019 belowe om die wet te hersien wat aan hom ook dieselfde mag bied wat sy voorganger geniet en wat uiteindelik tot sy ondergang gelei het.
Loop, of laat ek liewer sê, vaar ons op dieselfde roete en met dieselfde roetine voort?
Soos dit tans gaan, is daar 'n knoeiende gebrek aan deursigtigheid met betrekking tot die toekenning van regte vir visvang wat nie bekend gemaak word nie.
Beloftes om deursigtig te wees en die lys van regtehouers te publiseer, bly ook presies net daar. Beloftes!
Dieselfde geld vir die finalisering en verskaffing van die puntestelsel wat verskaf sou word.
Gevestigde rolspelers in die bedryf is ook in die duister ten opsigte van die gronde waarop en waarmee regte vir visvang tans toegeken word.
Hulle voer aan dat hulle nie weet hoe die nuwe regtehouers bepaal word nie. Ek weet ook nie.
Watter gewigskriteria, indien enige, is vir die puntetellings gebruik en wat is die betrokke gewig wat aan hierdie kriteria toegeken word?
Dit wil ook voorkom asof regte vir visvang opgedis word na goeddunke en aan diegene wat polities goed verbind is.
Is die voorreg om kwotas te hê dan net vir sommiges beskore?
Die bedryf en die land se inwoners in die algemeen moet weet wie die aandeelhouers in die onderskeie maatskappye is wat regte vir visvang ontvang of besit.
Die visserybron behoort aan alle Namibiërs en nie net aan 'n geselekteerde of uitverkore paar mense nie.
Die afwesigheid van 'n puntestelsel wat deursigtigheid kon en moes verhoog sowel as bevorder, is problematies en moet dringend aandag geniet.
Dit wil voorkom asof die presiese stelsel wat deur die bedryf verwelkom is ter wille van die verbetering van deursigtigheid en die verbetering van beplannings aspekte, oorboord gegooi is.
Die ministerie moet asseblief hierdie aspek duideliker maak sodat ons almal kan verstaan wie agter die stuur staan van die vis wat gevang word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie