Wys ons geld vir sport – LP's
'n Beleid om sportlui geldelik vir hul prestasies te vergoed, was die afgelope week op die Nasionale Vergadering (NV) se agenda.
Denver Kisting
LP's het die afgelope week die sportminister, mnr. Erastus Uutoni, gelyk gegee dat dit 'n goeie idee is om sportlui te beloon.
Maar, het talle gewonder, wáár gaan die geld, wat in die geval van een goue medalje by die Olimpiese Spele tot N$280 000 beloop, vandaan kom te midde van 'n knellende ekonomie.
Uutoni het Woensdagmiddag die “lang, lang verwagte” beleid met die Huis gedeel oor die vergoeding van sportsterre wat Namibië se naam internasionaal hoog hou.
Die minister het gesê die impak van sport slaan wyd. “Sport is ook goed vir ons land, omdat dit kinders leer hoe om 'n uitdaging te hanteer, hul karakters te voed en dissipline (te handhaaf) wat hulle op hul lewenspad help. Dit (sport) moedig ons almal aan om gesonder en aktiewer lewens te lei.”
Hy sê sport bevorder ook samehorigheid binne 'n gemeenskap en lewenslange bande word dikwels op die sportveld gesmee.
Dit is om dié rede dat die Namibiese regering besluit het om sportlui wat internasionaal uitblink, te vergoed. “Om wêreldgehalte uitmuntendheid te bereik, verdien ondersteuning.”
Volgens hom is sulke prestasies 'n bron van trots en dit motiveer ander atlete om eweneens hoër hoogtes te bereik.
Gevolglik is 'n stelselmatige benadering nodig om die persoonlike en maatskaplike voordele te ontgin wat gepaardgaan met internasionale mededinging op die sportterrein, het hy gesê.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het op sy beurt gesê Namibiese atlete plaas die land op die wêreldkaart.
Derhalwe steun hy die beleid.
As 'n sportentoesias stem sy saam met dié inisiatief, sê me. Jennifer van den Heever, hoofsweep van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM).
Omdat die beleid ernstige finansiële implikasies sal hê, moet daar wél meer tyd ingeruim word om die kwessie te bespreek, het sy gemaan.
Mnr. Ignatius Shixwameni, van die All People's Party (APP), wil hê 'n vergelykende studie moet in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) onderneem word voor 'n finale besluit geneem word.
Dié studie sal kan lig daarop werp of ons ons atlete té veel of té min sal vergoed, het hy gesê.
'n Ander kollega van Uutoni, die adjunkminister van binnelandse sake en immigrasie, me. Maureen Hinda, wou weet hoe sport en atletiek omskryf gaan word.
“Wat van skaak, byvoorbeeld? Ek sal graag wil sien dat sulke sportsoorte ook beloon word.”
Daar was voorts verwarring in die NV oor of Uutoni besig was met 'n ministeriële verklaring en of hy 'n beleidsdokument aan die Huis voorgelê het.
Selfs die hedendaagse Swapo-agterbanker, me. Pendukeni Iivula-Ithana, het toe 'n stuiwer in die armbeurs gegooi. “Ek het gedink die (sport)minister was besig met 'n ministeriële verklaring, maar as mens na die mosiedokument kyk, is dié 'n debat.”
Mnr. Erkki Nghimtina, die minister van arbeid, was op sy beurt verbaas oor die verwarring omdat die beleid reeds deur die kabinet goedgekeur is, het hy gesê.
Dr. Bernard Haufiku, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, het gesê dikwels word ook geen voorsiening gemaak vir atlete se mediese spanne nie.
Uutoni het gesê hy voorsien geen beduidende struikelblokke nie.
Die gesprek sal waarskynlik in September ná die NV-reses, wat gistermiddag begin het, hervat word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie