WTA kroon Ash Barty as Speler van die Jaar
Tennis
Australië se Ash Barty is as die Vrouetennisvereniging se Speler van die Jaar gekroon nadat sy haar eerste Grand Slam-titel gewen het en die seisoen boaan die wêreldranglys afsluit.
Barty (23), wat in 2014 haar raket gebêre het om krieket te speel voor haar terugkeer na die tennisbaan in 2016, het in Junie die eerste Aussie geword om die Franse Ope te wen sedert Margaret Court in 1973.
Sy het ook die gesaghebbende Miami-titel beklink en is die eerste Aussie-vrou sedert Evonne Goolagong Cawley in 1976 om boaan die ranglys te pryk.
Barty se 57 oorwinnings vanjaar is die meeste deur enige speler.
Bianca Andreescu is as Nuweling van die Jaar vereer nadat sy die Amerikaanse Ope gewen het om die eerste Kanadese Grand Slam-kampioen te word.
Die Switser Belinda Bencic het ’n prys vir haar terugkeer ontvang nadat sy haar plek onder die toptien-spelers herwin het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie