Wêreldtoerismedag gevier
Die minister van die omgewing en toerisme doen 'n beroep op almal om toerisme te bevorder deur die land se biodiversiteit, kuns, kultuur, erfenis en geskiedenis te bewaar.
Francoise Steynberg - Wêreldtoerismedag word jaarliks op 27 September deur die Verenigde Nasies se Toerisme-organisasie (WTO) herdenk.
Vanjaar se tema is "Toerisme en Digitale Transformasie".
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het Donderdag in 'n mediaverklaring gesê Namibië "probeer voordeel trek uit tegnologie met die bestuur en insamel van toerismeverwante data, -bemarking en die uitdagings wanneer dit by die veiligheid en sekuriteit van ons toeriste kom".
Hy sê Namibië is verbind daartoe om die uitdagings te bowe te kom en gebruik te maak van die digitale voordele om die mededingendheid van Namibië as bestemming te bevorder.
Shifeta het gesê hoewel Namibië geweldige vooruitgang in die ontwikkeling en groei in die toerismebedryf ervaar het, is daar steeds uitdagings soos onder meer kliëntedienslewering, beperkte geografiese verspreiding van toeriste, gemeenskappe wat nie genoeg uit die sektor bevoordeel word nie, en die onlangse voorvalle van misdaad teen toeriste is 'n groot bekommernis.
"Toerisme is baie belangrik vir ons ekonomie en daarom is die teenwoordigheid van ons besoekers waardevol en ons moet hulle met die warmste gasvryheid verwelkom."
Die minister het gesê toerisme kan slegs na die volgende vlak geneem word "as ons weet ons het mekaar nodig, ons die bestemming saam kan bemark deur innoverende maniere soos digitale tegnologie te gebruik, ons saam ons sektor en toeriste beskerm en uitstekende kliëntediens lewer om 'n unieke, onvergeetlike ervaring vir ons besoekers te bied".
Hy herhaal toerisme is almal se besigheid.
Volgens statistieke van 2015 dra toerisme sowat 15% van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) by - die derde grootste bydraende sektor - en het sowat 44 000 direkte en 100 000 indirekte werksgeleenthede geskep.
"Dit is ook die snelgroeiendste sektor ondanks die huidige ekonomiese krisis," het Shifeta gesê.
"Namibië is doeltreffend as 'n bestemming van 'eindelose horisonne' bemark en ons kan getuig van meer internasionale toeriste."
Shifeta het 'n beroep namens sy ministerie op alle Namibiërs gedoen om toerisme te bevorder deur "ons kuns, kultuur, erfenis en geskiedenis te bewaar. Ons moet ons handelsmerk, Namibië, en sy eindelose horisonne beskerm".

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie