Wêreldmagte vergader oor Sirië
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, en sy Russiese ampsgenoot, Sergei Lavrov, twee gedugte diplomatieke opponente, lei ’n hoëvlakvergadering in Wene, Oostentyk, waar probeer word om die vredesproses in Sirië weer op koers te kry.
Die Internasionale Siriese Ondersteuningsgroep (ISSG) bestaande uit 17 nasies sal tydens hierdie vergadering sy oproep vir ’n nasionale wapenstilstand en die onmiddellike toegang deur humanitêre hulpverleners aan die beleërde gebiede, herhaal.
Die verwagting is egter dat die derde been van dié plan, naamlik die oproep dat die regime van pres. Basjar al-Assad en die rebelle instem tot die raamwerk vir ’n politieke oorgang, nog tot groot hoofbrekens sal lei.
Amerikaanse amptenare wat saam met Kerry reis, sê Washington dring steeds daarop aan dat Al-Assad uittree en dat 1 Augustus as die sperdatum hieroor en die inwerkingtreding van die raamwerk gestel word.
Al-Assad, wat die militêre steun van Rusland en Iran geniet, het egter nog geen aanduiding gegee dat hy voornemens is om dit te doen nie.
“Daar is geen blywende toekoms vir Sirië onder hom nie,” het die Duitse minister van buitelandse sake, Walter Steinmeier, met sy aankoms in Wene gesê.
“Dit is hoekom ons, onder die beskerming van die VN (Verenigde Nasies), die oorgangsregering en hoe dit saamgestel moet word, moet bespreek en seker maak sake is op koers,” het hy bygevoeg.
Dusver het die VN-geleide vredesamesprekings in Genève, Switserland, onder aanvoering van die internasionale gesant Staffan de Mistura, nog nie veel vordering gemaak nie. Selfs Washington-ondersteuners het hul twyfel uitgespreek of 1 Augustus ’n haalbare sperdatum is.
’n Senior amptenaar van buitelandse sake (Amerika) het aan joernaliste in Wene gesê gesprekke word gevoer met Rusland “om ’n beter klimaat" vir die samesprekings te skep, veral by die Al-Assad-regime”.
Die opposisie-koalisie is meer oop oor die ooreenkoms wat hulle graag sou hê, maar Al-Assad se mense neem nog nie deel nie al steun hulle in die openbaar die samesprekings, het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie