Wêreldfisio-dag fokus op chroniese pyn

12 September 2019 | Gesondheid
Wêreldfisioterapiedag word jaarliks op 8 September gevier en is 'n geleentheid vir fisioterapeute van oraloor die wêreld om bewustheid van hul rol te skep om mense mobiel en onafhanklik te hou.

Die dag, wat ook in Namibië gevier is, is in 1996 deur die Wêreldkonfede­rasie afgekondig en herdenk die ­federasie se stigting in 1951.

Volgens 'n verklaring van die Nami­biese Vereniging vir Fisioterapeute (NSP) was die fokus vanjaar op fisio­terapeute se rol in die beheer van chroniese pyn en die verbetering van lewensgehalte. Chroniese pyn is 'n wêreld­gesondheidslas en word met ­servikale en borspyn, kanker, fibromialgie en osteoartritis verbind.

Volgens die verklaring het fisio­terapeute unieke vaardighede om ­spesifieke oefenprogramme voor te stel om chroniese pyn te verlig.

In die lig van vanjaar se vieringe het die NSP 'n slypskool vir plaaslike fisio­terapeute aangebied, wat ook deur verteenwoordigers van die aptekers- en mediese bedryf, en die biokinetika- en arbeidsterapieveld ingesluit het.

Die fokus was op die multidissiplinêre bestuur van chroniese pyn.

Die NSP het in aanloop op die slypskool 'n uitnodiging op sosiale media aan die publiek gerig om 'n foto of video te plaas van 'n aktiwiteit wat hulle geniet.

Die foto's en video's is op sosialemediaplatforms geplaas met spesifieke hutsmerke wat vir die betrokke dag geskep is, soos onder meer #worldptday, #namibiaptday en ­#namibiamovementday.

Vir meer inligting, besoek www.­namibiaphysio.com.

Soortgelyk

 

Meer as 1 000 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike...

10 ure gelede | Ministeries

Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van industrialisasie en handel, me. Ndiita Nghipondoka-Robiati sê 1 100 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike dienste is reeds...

Gevalle van geslagsgweld styg sedert begin van inperkingstyd

11 ure gelede | Ministeries

Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van geslagsgelykheid, armoedeverligting en maatskaplike welsyn, me. Martha Mbombo sê die aantal gevalle van geslagsgeweld het gestyg sedert...

Chinese vissersbote laat gaan

1 dag gelede | Visserye

Leandrea Louw - Die ses Chinese vissersbote waarop die Namibiese vloot beslag gelê het na hulle naby Hentiesbaai hul ankers laat sak het, is laat...

Gratis aanlyn jogaklasse vir almal

1 dag gelede | Gesondheid

Tanja Bause – Die Indiese hoëkommissariaat in Windhoek het gratis aanlyn jogaklasse bekend gestel. Die klasse sal vanaf Maandae tot Vrydae tussen 17:00 en 18:00...

Kos vir hongeres

1 dag gelede | Plaaslik

Tanja Bause – Me. Tracy Vermeulen (32) geleentheidsbestuurder van die Wanderers-sportklub, vrou en ma van drie dogters, sê geen gebaar is te groot of te...

Meatco se fabriek heropen Woensdag

1 dag gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Meatco het in die lig van die staatsproklamasie wat die landbouwaardeketting as ’n noodsaaklike diens verklaar en ná gesprekke met die ministers...

Sardarov skenk beskermingsdrag vir gesondheidswerkers

1 dag gelede | Gesondheid

Die Russiese miljardêr en Namibiese grondbaron mnr. Rashid Sardarov gaan beskermende drag soos gesigmaskers, mediese brille, handskoene, persoonlike beskermende toerusting (PPE) en ander noodsaaklikhede ter...

Lufthansa: Nóg vlugte vir repatriëring

1 dag gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Benewens die vyf spesiale vlugte waarmee 1 200 Europeërs tussen Sondag en Woensdag uit Namibië na Frankfurt en München in Duitsland teruggekeer...

Virus knip kruistog kort

1 dag gelede | Plaaslik

Tanja Bause – Mnr. Martin Esterhuizen (58) het 10 km buite Windhoek terug na sy huis in Otjomuise gestap. Dít met ’n houtkruis. “Ek het...