Wêreldbeker se tergende vrae
Sokker
Gert van der Westhuizen - Gaan Duitsland 'n tweede agtereenvolgende Wêreldbekertoernooi wen en kan Brasilië weer tussen die voorste spanne op aarde tel nadat hy in 2014 skandes by die huis gemaak het?
Dit is net twee van die vrae wat sokkerondersteuners hulself vra voordat vanjaar se toernooi met al sy gepaardgaande drama in Rusland begin.
Van drama gepraat: Een van die vrae sal beslis ook wees hoe Spanje, 2010 se kampioen, gaan vaar nadat sy afrigter, Julen Lopetegui, die trekpas gegee is twee dae voor sy eerste wedstryd teen Portugal.
Sokkerondersteuners behoort antwoorde op die meeste van hul vrae te hê teen die tyd dat die tweede ronde begin, maar sal moet wag tot ná die eindstryd op 15 Julie vir die antwoord op die belangrikste vraag van almal: Wie is die wêreld se beste sokkerspan.
Hoe ver gaan Engeland vorder?
Engeland het die wêreld geleer om sokker te speel, maar stel gereeld sy ondersteuners teleur in Wêreldbeker-toernooie. Hy het die Wêreldbeker nog net een keer (in 1966) gewen en laas in 1990 regtig beïndruk toe hy in die halfeindronde teen Duitsland verloor het.
In die vorige toernooi kon Engeland nie eens verder as die eerste ronde vorder nie. Vanjaar is België en Tunisië sy vernaamste teenstanders in die groepfase.
Hoe sal hy dié keer vaar met spelers soos Harry Kane en Dele Alli in sy geledere? Steun hy, soos in Argentinië se geval met Lionel Messi, weer te swaar op enkele sterre en gaan dit maar weer dieselfde ou storie wees?
Kan Duitsland gestuit word?
Duitsland is die een span waarop jy altyd jou geld kan verwed. Hy het die Wêreldbeker al vier keer gewen en is die span wat al die meeste keer een van die topvier-plekke beklee het.
Boonop is Duitsland die wêreldkampioen en het hy die Konfederasiebeker in 2017 in Rusland gewen. Onder die innoverende afrigter, Joachim Löw, het Duitsland al tien sy kwalifiserende wedstryde vir die Wêreldbeker-toernooi gewen met 'n verstommende positiewe doeleverskil van 39. Hoef 'n mens meer te sê?
En wat van Afrika?
Gaan 'n land uit Afrika vanjaar uiteindelik die halfeindronde haal of selfs die Wêreldbeker wen?
Egipte, Marokko, Tunisië, Senegal en Nigerië is dié vasteland se verteenwoordigers.
Egipte is baie waarnemers se gunsteling, maar sy welslae sal afhang van 'n fikse Mohamed Salah. Egipte sal ook hard moet werk om tot die tweede ronde deur te dring met Rusland en Uruguay saam met hom in groep A.
Nigerië is nie meer die verskrikking van ouds nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie