Wêreld treur oor John McCain
Wêreldleiers het Sondag hul medelye uitgespreek ná die afsterwe van senator John McCain, ’n uitgesproke en onortodokse rebel van Amerikaanse politiek die afgelope ses dekades.
McCain, ’n voormalige krygsgevange gedurende die Amerikaanse oorlog met Viëtnam en ’n senator van die deelstaat Arizona, is Saterdag in die ouderdom van 81 dood. Hy het breinkanker gehad.
“Min van ons is getoets op die manier waarop John getoets is, of vereis om die tipe moed te wys wat hy gewys het,” het oudpres. Barack Obama in sy huldeblyk aan sy eertydse teenstander in die presidensiële verkiesing gesê. McCain het in 2008 teen Obama verloor.
Oudpres. George W. Bush beskryf McCain as ’n man van “diepe oortuiging” en ’n “patriot van die hoogste orde”.
“Hy was ’n staatsamptenaar in die beste sin van die woord. Hy was my vriend en ek sal hom baie mis,” het Bush gesê.
Joe Biden, die voormalige adjunkpresident onder Barack Obama, sê McCain het as krygsgevangene die ergste verduur wat een mens aan ’n ander kan doen. Biden het self ook in die Viëtnamoorlog geveg.
“Teen die einde van sy lewe is hy deur ’n wrede en genadelose siekte gekonfronteer.
“Die gees wat hom gedryf het, is egter nooit geblus nie. Hy het geweet ons is hier om ons te wy aan iets groter as onsself.”
Justin Trudeau, die Kanadese premier, beskryf McCain as ’n Amerikaanse patriot en ’n held wie se opofferings vir sy land as inspirasie vir miljoene mense dien. “Kanadese sluit by Amerikaners aan om sy lewe te vier en om oor sy dood te treur.”
Die Franse president, Emmanuel Macron, sê McCain het sy hele lewe aan sy land gewy. “Sy stem sal gemis word. Ons medelye gaan aan sy geliefdes.”
Theresa May, die Britse premier, sê McCain was ’n kragtige staatsman. “Dit was ’n eer om hom ’n vriend van die Verenigde Koninkryk te noem. My diepste simpatie gaan aan sy familie en die Amerikaanse mense.”
McCain se familie het Vrydag aangekondig dat hy geen verdere behandeling vir sy siekte wou ontvang nie.
Sy vrou, Cindy, was aan sy sy ten tye van sy dood.
McCain word oorleef deur sy sewe kinders. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie