Wêreld se diepste myn dalk te koop
Indien dié myn verkoop word, beteken dit AngloGold gaan moontlik geen bedrywighede meer in Suid-Afrika hê nie.
Elvira Wood – AngloGold Ashanti oorweeg dit om sy Mponeng-goudmyn in Noordwes te verkoop. Dié myn is teen meer as 4 km diep, die diepste myn ter wêreld.
Sou hy dit wél doen, beteken dit dat AngloGold moontlik geen bedrywighede meer in Suid-Afrika gaan hê nie.
AngloGold het tans net dié myn en die verwante oppervlak- en verwerkingsaanlegte.
AngloGold sê Donderdagoggend in ’n verklaring dat hoewel hy glo die myn nog vir die volgende agt jaar goud kan lewer, beduidende investering nodig gaan wees om sy leeftyd langer as dit te verleng.
“Ons glo dat Suid-Afrikaanse bates – met die regte eienaars – ons ’n aantreklike langtermyn waardevoorstel kan bied wat ’n verlenging van die Mponeng-myn se huidige lewe kan toelaat,” sê Kelvin Dushnisky, uitvoerende hoof van AngloGold.
Dushnisky sê daar is egter ander projekte in sy portefeulje wat aantrekliker vir die maatskappy is om kapitaal in te belê.
“Ons het dus besluit om verkoopsopsies vir ons Suid-Afrikaanse bates te hersien,” sê hy.
Hy sê verder die proses is pas begin. Die maatskappy mag selfs besluit om tog nié die myn te verkoop nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie